Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
Johnny Boskak baklei die oorlog in sy kop

“Dis ’n epic rock and roll poem. Dis Natural Born Killers mixed with Bonnie & Clyde.

Só beskryf die akteur Craig Morris sy stuk Johnny Boskak is feeling funny op die Vrystaatse Kunstefees.

“Uiteindelik gaan dit oor baie wit mans wat in die weermag was. Hulle het opgefok daaruit gekom, opgefok, en hulle struggle om weer in die gemeenskap aan te pas. Dis die tipiese post traumatiese stres -vibe. Die land het aanbeweeg. Dinge het verander.

Craig Morris in die stuk Johnny Boskak is feeling funny. Foto’s: Conrad Bornman

“Jy het teruggekom van ’n oorlog wat jy vir jou land geveg het. Maar daardie land bestaan nie meer nie. Dit is daardie soeke na identiteit, maar vir hom is dit ook ’n soeke na verlossing. Hy probeer vergifnis kry vir wat hy gedoen het. Dit is al daardie goed, Dis epic stuff,” vertel Morris.

Johnny Boskak is ’n lang psigideliese trip in die vorm van ’n epiese gedig na die diep, donkertes van die hel deur ’n oudsoldaat. Hy gooi duim met sy balsak en langs die pad is hy in ’n ewige stryd met die duiwel en God – en ’n vrou genaamd Eve.

Sy reis neem hom uit Durban en deur Estcourt en “tussen Nooitfontein en Niemandsland” begin die wiele afkom, by wyse van spreke.

Are there escorts in Estcourt

And if I catch a lift into Estcourt

And the cops catch me looking for escorts in Escourt

Wat would they do

Escort met out of Estcourt?

So a figure naught, it’s time to jeet . . .

Johnny Boskak is ’n klein karakter uit Greig Coetzee se trefferstuk White men with weapons, wat ook die tragiese aanpassingsprobleme van ’n soldaat ondersoek.

Morris sê die stuk is “’n bie­tjie van ’n spinoff” van White men with weapons. Coetzee, wat die stuk in 2004 geskryf het, wou hê Morris moet dit opvoer.

“My vrou, Rosslyn Wood Morris, het stuk geregisseer. In 2010 het ek vir haar gesê Greig wil hê ek moet dit doen. Sy het gesê dit is reg, maar jy is nog nie gereed hiervoor nie. Elke jaar vra ek haar, maar sy sê elke keer nee, ek is nog nie goed genoeg en oud genoeg nie. Uiteindelik aan die begin van 2015 het sy gesê ek is gereed daarvoor.”

Hoekom het sy gedink jy is nog nie gereed nie?

“Die karakter verlang ’n sekere vlak van gevestigtheid, ’n sekere vlak van beheer. Die stuk, skryfwerk, is so presies dat die fisiese deel daarmee moet kers vashou. Dit sal ’n groot ondiens aan die genial skryfwerk van Greig wees om nie as akteur aan die vereistes van die stuk te voldoen nie. Ek is ’n baie fisiese akteur. Wat jy hier sien is ’n baie beheerde vertoning en ’n chirurgiese vertelling van die storie.”

Johnny en sy balsak is ’n lopende tydbom. Die oorlog speel in sy kop af. Donker rock spoel oor die verhoog. Eve is die doodsengel wat hom aanmoedig om sy donker begeertes op haar lyf uit te leef.

She says I like your face, I let you see my lace. If you be my Jesus . . .

Johnny Boskak is feeling funny is Woensdag die laaste keer opgevoer.

Meer oor:  Stronk  |  Vrystaat Kunstefees  |  Vermaak  |  Feeste  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.