Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
Kobus vier sy 80ste op die fees
Die skilder Kobus Kotzé vier Saterdag sy 80ste verjaardag agter sy esel op die fees. Foto: Floris Kotzé

Die bekende Vrystaatse skilderkunstenaar Kobus Kotzé vier Saterdag, 14 Julie, sy 80ste verjaardag op die plek waar hy die gelukkigste is – voor sy esel. En dié esel is in die Equitas-ouditorium op die Vrystaat Kunstefees waar Kotzé elke dag van dié fees sedert 2001 op sy pos was.

Van al die kunstefeeste lê die een in Bloemfontein hom die naaste aan die hart, want hier is hy tussen sy mense, sê sy seun, Floris Kotzé.

Kotzé, die stigter van die Kotzé-kunsgalery in Bloemfontein, skilder meestal landskappe en sy vrou, Joe wat ook ’n kunstenaar is, meestal straattonele. Hulle woon in Rosendal.

Belangstellendes wat wil sien hoe skilderye onder ’n vaardige hand soos dié van Kotzé vorm aanneem, kan enige tyd ’n draai by die Kotzé-feesuitstalling maak. Dit is waar Kotzé besig sal wees.

Meer oor:  Stronk  |  Vrystaat Kunstefees  |  Feeste  |  Verjaarsdag  |  Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.