Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
Kragtige GodgOdgoD

GodgOdgoD

Regie: Rob de Graaf

Met: Charlton George, Tiisetso Mashifane, Ilana Cilliers, Wolf Britz, Thembekile Komani.

Plek:
PACOFS-kelderparkering

Die massiewe leë dekorstoor met sy lang naklank bied ’n uitmuntende ruimte vir hierdie produksie wat ’n vars blik gee op die skepping en wat daarna gevolg het.

Aan die begin ontmoet ons God die Skepper.

Charlton George in die veeltalige interaktiewe, sensoriese teaterervaring, GodgOdgoD.

Hy vertel, met huiwering, wat hy wil doen. Die gehoor volg hom dan, stasie ná stasie waar die skepping, gegenereer op truprojektors en met eietydse afvalmateriaal, saamgestel en teen die groot wit mure geprojekteer word.

Die skepper lei die gehoor en is ook die verteller.

Namate die skepping vorder, onttrek hy hom van die gehoor en klim na die volgende verdieping vanwaar hy dit aanskou.

Sodra die mens geskape is, is die invloed van die mens op die ganse skepping duidelik merkbaar.

Daar is ’n laboratorium met gebottelde dierespesies, ape waarop geëksperimenteer word, gesmukte kunsuitstallings waartydens ’n akademikus voortbrabbel in ’n poging om sin te gee daaraan.

Ten einde laaste raak die vrou verstrengel in ’n hokweb en die man bewe onder die aanslag van ’n harde toetergeraas en dinge waarvoor hy nie ontwerp is nie.

Die godfiguur maak kontak met die mensdom deur ’n Skype-oproep, maar maak dit duidelik dat hy nie verder deel is van die skeppingsnadraai nie.

Die analogie bly egter nie by die Skepper nie, maar ook die verantwoordelikheid wat elke skepper het met sy maaksel en die gevolge daarvan.

Die spel is deurgaans boeiend, goed afgerond, vloei sonder haperings, en bied genoeg tyd vir die gehoor om deur die proses gelei te word.

Die spelers is vaardig en bied uitmuntende spel. Elkeen van hulle! Dit is ensamblewerk soos min!

Elke uitbeelding word vars, nuut en verbeeldingryk uitgevoer.

Hierdie kragtige produksie, in samewerking met NATi, US Woordfees en die Vrystaat Kunstefees, word aangebied in Afrikaans, Engels, SeSotho en isiXhosa, en word ten sterkste aanbeveel!

  • Dit speel nog vandag, 13 Julie, en op 14 Jullie om 18:00 en 20:00.
Meer oor:  Stronk  |  Vrystaat Kunstefees  |  Resensie  |  Teater  |  Feeste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.