Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
Kuns, vermaak na smaak
Anja van der Merwe en Ruan Bruwer

Jonk en oud baljaar vanjaar op die feesterrein van die Vrystaat Kunstefees. En met meer vermaak as ooit vantevore is daar regtig iets vir elke smaak.

Hoewel Luan Louw, ’n mediese student in sy vierde jaar aan die Universiteit van die Vrystaat, nie veel kans kry om behoorlik te fees nie as gevolg van klasse, sê hy dat die Vrystaat Kunstefees ’n uitstekende plek is vir ’n honger student. Hy besoek al van sy eerstejaar af die fees om ’n vinnige middagete tussen klasse kaf te draf.

Volgens hom het vanjaar se fees die grootste verskeidenheid kosstalletjies en ’n groot groep diverse mense. “Maar volgende jaar hoop ek om ’n wafelstalletjie by die fees te sien,” voeg hy by.

Johan Oosthuizen en sy verloofde, Elretha Campher is vanjaar vir die eerste keer op die fees. Hulle is dit eens dat die Vrystaat Kunstefees se opset baie beter is as, byvoorbeeld, Grahamstad se fees, veral ten opsigte van organisasie. Hulle beman ook ’n stalletjie by vanjaar se fees en sê hulle sal beslis weer volgende jaar se fees bywoon, mits hulle welkom is en vanjaar genoeg wins toon. ) Ernst en Anna-Marie van Rooyen besoek al die Vrystaat Kunstefees vandat dit begin het.

Christelle le Roux
Luan Louw
Johan Oosthuizen

Hoewel hulle hierdie jaar ’n bietjie laat geslaap het om kaartjies vir produksies te koop, is hulle groot aanhangers van Marion Holm. Ernst sê dit is baie belangrik dat die fees voorsiening maak vir die kleinspan, omdat dit baie keer mense lok. Volgens Ernst kry vanjaar se fees dit uitstekend reg en word dit elke jaar net beter.

Volgens Anna-Marie geniet sy dat die fees baie handgemaakte produkte het, en natuurlik dat almal lekker Afrikaans is.

Christelle le Roux van Pretoria glo dat die wenresep van die Vrystaat Kunstefees lê in die feit dat alles sommer lekker op kampus is. Sy het sommer ’n hele string produksies gekyk, maar sê dat Vir.Ander beslis ’n produksie was wat haar geroer het. Tog is sy is effens hartseer dat sy vanjaar gesukkel het om die Stronk in die hande te kry.

Anja van der Merwe, ’n nuwe redaksielid in die Stronk- span, dink vanjaar se fees is puik en toon groei, ten spyte van die koue soos elke jaar. Sy het die produksie Wild baie geniet, veral omdat sy van produksies hou wat buitengewoon is. “Ek dink meer mense moet sulke produksies gaan kyk, dit is bietjie buite ’n mens se gemaksone.”

Anna-Marie van Rooyen
Ernst van Rooyen

Sy is ook baie lief vir Afrikaans en glo die fees moet sover moontlik Afrikaans bly. “Ek is baie lief vir Afrikaans. Ek voel omdat ons plek in die son al hoe kleiner word, moet ons ons kanse waag as dit kom by Afrikaans en moet ons opstaan vir ons taal en dit probeer behou. Sy hoop om volgende jaar weer deel te wees van die Stronk-span en dat die fees net nog groter, beter en alternatief sal raak.

Ruan Bruwer, ’n gesoute feesjoernalis wat vanjaar vir oulaas deel is van die Stronk- span, sê hy is effe bekommerd oor die stand van teater. “Dis asof die gehore net al hoe minder en die rolverdelings al hoe kleiner word. Die feesaanbod het aansienlik uitgebrei sedert my eerste fees in 2008. Dit het ongelukkig meegebring dat baie produksies swak aftrek trek. Daar is moontlik ’n ooraanbod. Die stand van die Sand du Plessis- en André Huguenet-teaters is regtig ontstellend. Die tegnici is glo ook nie op standaard nie.”

Hy gaan die meeste verlang daarna om met teaterlui onderhoude te voer. “Hulle was altyd my groot gunstelinge. Akteurs en regisseurs is altyd bereidwillig vir ’n onderhoud, hulle is intelligent en gee die heel beste onderhoude en hulle ego’s is selde opvallend, soos wat ek nou weer met Antoinette Kellermann beleef het.”

Meer oor:  Stronk  |  Vrystaat Kunstefees  |  Bloemfontein  |  Kuns  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.