Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
Migrasie tema van literêre gesprekke

Migrasie, ’n onderwerp wat die afgelope twee jaar druk bespreek word, is die tema vir vanjaar se literatuurfees op die Vrystaat Kunstefees, sê ’n begeesterde Corneli van den Berg, die nuwe organiseerder van die literatuurfees.

Sy het by Theo Kemp oorgeneem en het Thuthukani Ndlovu, ’n digter en bemarkingstudent, as haar regterhand.

“Dit is weer ’n veeltalige fees wat ’n platform vir nasionale en internasionale skrywers bied, met Afrikaans wat sentraal staan,” sê Van den Berg.

Nie net werke oor migrasie sal bespreek word nie. “Internasionale skrywers wat self migrante is, Suid-Afrikaanse skrywers wat met dié onderwerp worstel, asook skrywers uit gemengde huwelike wat tussen hul ouers se leefwêrelde beweeg, val onder dié tema.”

Benewens migrasie sal hoogtepunte in 1918 ook aan die bod kom omdat dit Nelson Mandela se geboortejaar is. Dit is ook die jaar dat C.J. LangenhovenDie Stem geskryf en D.F. Malherbe studente aan die Grey-universiteitskollege toestemming gegee het om hul eksamen in Afrikaans te skryf.

Dit is weer ’n veeltalige fees wat ’n platform vir nasionale en internasionale skrywers bied, met Afrikaans wat sentraal staan.

Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) sal weer hulde aan helde bring. Die kollig val op die veel­bekroonde letterkundiges  Hermann Giliomee, Dan Sleigh (Eilande, Wals met Matilda) en Dalene Matthee (Kringe in ’n bos), wat almal 80 jaar gelede gebore is.

Bome van kennis: Die voor- en nalewens van boeke kom ’n kunstenaar, ’n digter, ’n letterkundige en ’n sosioloog bymekaar om te besin oor die konsep van “bome van kennis” – die moontlike voor- en nalewens van boeke. In watter opsig is boeke “bome van kennis”? Wat is die verhouding tussen bome en boeke? Wat behels die nalewens van boeke en hoe is daardie nalewens verbind met stories en geskiedenisse? ‘n Prikkelende gesprek oor die nimmereindigende vertakkings tussen kuns, boeke, bome en stories. Aangebied deur die Departement Kunsgeskiedenis en Beeldstudie, UV, met Josef van Wyk as gespreksleier.

Vir poësieliefhebbers sal daar die Digterskafee, die gewilde Bekgevegkompetisie en ’n menigte ander geleenthede wees waar deelnemers hul passie kan uitleef.

“Ou bekendes” word behou, soos Fees van die sintuie, RSG en Xword se blokraaikompetisie, en uiteraard die bekendstelling van nuwe boeke.

In Die Verlede, Hede, Toekoms van Suid-Afrikaanse Politiek? is Mondli Makhanya en Jan-Jan Joubert in gesprek met Ruda Landman oor die komende verkiesing. Hulle vra: Hoe gaan die grootste partye teen daardie tyd lyk? Hoe gaan die ANC sy geskiedenis van (eers) glorie en (later) skandale bestuur? Hoe gaan die EFF sigself definieer? En gaan die DA dit regkry om sy liberale beginsels te behou maar tog ’n party vir alle Suid-Afrikaners te word?

Meer oor:  Bloemfontein  |  Kunstefees  |  Vrystaat Kunstefees  |  Feeste  |  Stronk  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.