Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
Millenniërmnr. Avokadopeer
Kloksgewys van links: Conradie van Heerden, Elmarie Johnson en Patricia Baadjies speel almal in Die Jaar van die Avo.Foto: Conrad Bornman

Die nederige avokadopeer. So klein, so temperamenteel en tog so ’n moerse big deal in die lewens van vandag se millenniërs.

Of is dit?

In die teaterstuk Die Jaar van die Avo word die draak gesteek met millenniërs en hul obsessie met hulself (en hul avo’s), terwyl daar baie belangriker kwessies in die wêreld aangaan.

Die internet is deesdae aan die brand met berigte en meme oor dié generasie wat meer omgee oor hul stapeldieet (’n dun snytjie glutenvrye rogbrood met fyngemaakte organiese avokadopeer op en gegeur met ’n titseltjie verpletterde drome) as om oor geld te spaar vir byvoorbeeld huis koop.

Daar word selfs vertel vorige generasies se lywe het uit 70% water bestaan, maar die millenniër-generasie se lywe bestaan uit 70% avokadopeer.

Tog ondersoek Die Jaar van die Avo ook die dieper betekenis agter die avokadosimbool van dié generasie.

“Almal dink altyd alle millennials dink avo’s is so amazing, die superster van kos. Maar eintlik gaan dit oor baie meer as dit. Dit lê baie dieper as dit.

Tog ondersoek Die Jaar van die Avo ook die dieper betekenis agter die avokadosimbool van dié generasie.

“En dit is wat Die Jaar van die Avo probeer wys,” sê Hendrik Nieuwoudt, ’n medeskrywer.

En as jy nie weet wat ’n millennial is nie, is jy definitief nie woke genoeg nie.

’n Millenial sal jou tien teen een uit jou onkunde red met ’n stelling soos: “Hoewel daar onduidelikheid is oor die presiese grense van die ouderdom van millennials, blyk dit dat dit mense tussen die ouderdom van 20 en 35 is.”

Die Jaar van die Avo se spelers (Conradie van Heerden, Elmarie Johnson en Patricia Baadjies) stem saam dat die groot negatiewe punt van die millenniër-generasie is dat dit lyk of hulle baie omgee en ingelig is oor sosiale en politieke kwessies, maar hulle doen gewoonlik baie min om regtig verandering mee te bring.

En dit is omdat hulle te behep is met hulself en hul voorkoms, veral op sosiale media.

Tog is die millenniërs nie altyd nét sleg nie, en beslis beter as die generasie voor hulle, sê Hendrik.

“Dis stereotipies om te sê almal is só, maar ek dink regtig ons millennials gee werklik meer om oor goed as die generasie voor ons, veral as dit kom by ons geskiedenis in Suid Afrika. Ek dink ons besef ons kan nog meer en nog beter doen.”

Naskrif: Gaan draai by Johan van die Scaena en bestel een van sy gewilde avokadopeerbroodjies en verbeel jou ‘’n oomblik jy’s ’n millennial.

Meer oor:  Stronk  |  Vrystaat Kunstefees  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.