Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
Ons verdien fees se tannieprys

Die Literatuurfees op die Vrystaat Kunstefees raak vinnig een van die hoogtepunte op die Suid-Afrikaanse kultuurkalender.

Dit was seker nog altyd, maar vanjaar se verskeidenheid is uit die boonste rakke. Ek het as gespreksleier in ’n paar gesprekke opgetree, maar baie ander bygewoon.

Selfs sonder my mediatoegangskaart, waarmee ek enigiets kon bywoon, sou ek nie die gesprekke misloop nie.

Waar anders kan ’n mens ­soveel verskillende menings, stories en interessanthede hoor? ’n Mens kan werklik idees van oor die wêreld heen hier teëkom.

Mense sê nog altyd dat Nederlanders nogal soos dronk Afrikaners klink. Op hierdie fees het die letterkundiges sommer gesorg vir een met ’n slingerstap en ’n glas in die hand om by die aksent te pas. Dalk was hy regtig dronk? Wie weet? Ek sou myself ook maar aan die drank oorgee as ek sulke snert op besprekings kwytgeraak het.

Ná een van die gesprekke wat ek gelei het, het ’n ouerige dame my darem betas.

Behalwe die insiggewende gesprekke het ek sommer ’n paar nuwe streke geleer uit Leon van Nierop en Francois Smith se gesprek. Ek weet nie of dit regtig leersaam was nie, maar ná een van die gesprekke wat ek gelei het, het ’n ouerige dame my darem betas.

Of dit nou Leon en Francois was, of sommer my undeniable hotness sal ek nou nie kan sê nie.

Ons redakteur by Stronk, Charles Smith, vertel dat ’n ouerige vrou ook hom ’n drukkie gegee het ná sy eie openbare verskyning.

Aangesien hy Francois se broer is, is dit dalk die gedeelde blootstelling aan eersgenoemde se persoonlikheid wat ons onweerstaanbaar vir ouer dames maak.

Die fees moet dalk vir my en Charles, en dan uiteraard vir Francois, die een of ander ereprys gee.

As ons dan nou so ’n groot aantrekkingskrag is, lewer ons ’n onmiskenbare bydrae tot die fees. Jy sien, op amper ál die vertonings en besprekings bestaan die gehoor uit ouer dames. Of ons nou daardie prys kry of nie, die voorreg om hier te wees, en boonop ’n bietjie aksie te kry, is reeds genoeg.

Meer oor:  Stronk  |  Vrystaat Kunstefees  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.