Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
‘Pres. Steyn moet op Kovsies bly’

Twintig teen een.

Dit is hoe feesgangers op die Vrystaatse Kunstefees voel oor die behoud van die beeld van pres. M.T. Steyn.

Stronk het ’n mini-steekproef gedoen om mense se gevoelens te toets nadat die Universiteit van die Vrystaat (UV) ’n projek vir die fees begin het waarin mense hul menings oor die beeld kan lug.

Sê wat jy dink. Die struktuur met die vrae by pres. M.T. Steyn se standbeeld op die Kovsie-kampus. Foto: Marietjie Gericke

Die UV het ’n groot, vierkantige spieëlstruktuur langs die beeld opgerig en aan elkeen van die vier kante word dieselfde vrae gevra. Die beeld is aanvanklik hiervoor bedek, wat gemoedere opgejaag het.

Mense met wie Stronk gister gesels het, voel M.T. Steyn moet bly waar hy al dekades voor die hoofgebou van die UV staan.

Michael Ward, ’n polisielid, sê: “MT Steyn moet bly! Ons as gemeenskap krap nie in hul erfenis rond nie, so waarom moet hulle in ons s’n krap? Ons het die reg om te sien waar ons vandaan kom.”

Bianca van As, Anel Pretoruis, Chanté Meintjies, Jacolize Fouché en Wilma-lee Oosthuizen stem saam.

“M.T. Steyn moet bly!”

“Om M.T. Steyn se beeld te verwyder, is so goed as om ’n deel van Suid-Afrika vir die wolwe te gooi,” het Frieda Muller gesê.

Josef Chikwenhere meen ook dat die beeld moet bly. “Hy verdien om te bly, al was dit in die apartheidsjare gewees.”

’n Anonieme feesganger meen M.T. Steyn moes iets gedoen het om ’n standbeeld beeld te verdien, so waarom moet hy verwyder word?

“Hy het duidelik nie sit en koekies bak nie, want dit doen ek elke dag en het steeds niks gekry om my te gedenk nie. ’n Mens wat werk om iets te verdien, mag nie daarvan beroof word net oor ’n paar mense met arrogante streke nie.”

Hy het duidelik nie sit en koekies bak nie, want dit doen ek elke dag en het steeds niks gekry om my te gedenk nie.

MG Ingrim meen die verwydering van die beeld van ’n ikoon gaan net tot onmin en selfs onrus lei.

“Almal het die reg om te voel wat hul voel, maar dit beteken nie hy hoef verwyder te word nie.”

Uit minstens 20 mense wat gevra is oor hoe hulle oor die beeld voel, het slegs een anonieme feesganger gemeen die beeld moet beslis verwyder word.

“Verwyder hom. Hy het erkenning gekry in ’n rassistiese tyd van apartheid. Ons land, die nuwe Suid-Afrika, is nou ’n reënboogland. Al is ek as kind geleer swart mense is die duiwel self, voel ek dit is verkeerd om ’n president wat heel moontlik ten gunste van apartheid was, erkenning te gee.

Die projek duur tot die einde van die fees.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Kunstefees  |  Standbeeld  |  Vrystaat Kunstefees  |  Feeste  |  Stronk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.