Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
‘SA rugby in troebel water, spelers gaan verlore’
Van links is Hendrik Cronjé, gespreksleier, Wynand Claassen, oud-Springbok-kaptein, en Wessel Oosthuizen, fotograaf. Foto: Ruan Bruwer

Al is dit reeds 37 jaar ná daardie berugte Springbok-toer na Nieu-Seeland in 1981, maak dít steeds ’n groot deel uit van ’n gesprek met Wynand Claassen.

So was dit ook Dinsdag op die Vrystaat Kunstefees waar Claassen een van die gespreksgenote was om onder meer oor sy twee boeke, More Than Just Rugby en Kaalvoetklong tot rugbytoks, te praat. Die Springbokke se betogertoer gryp steeds die verbeelding aan. Claassen was die Springbokkaptein. Spelers het vir hul lewe gevrees en wedstryde is afgelas.

’n Gehoorlid wou by Claassen weet of hy nou terugskouend dink die toer moes voortgegaan het ná die skeuring wat dit in Nieu-Seelande families veroorsaak het.

“Die toer was belangrik. Dit het Suid-Afrikaners se oë begin oopmaak en het verandering bespoedig. Die toer het ook positiewe gevolge vir die Maori’s in Nieu-Seeland gehad,” sê Claassen.

Wynand Claassen sê prontuit Suid-Afrikaanse rugby is in troebel waters.

Claassen sê prontuit Suid-Afrikaanse rugby is in troebel waters.

“Ek weet nie hoe ons dit gaan regruk nie. Ons hele struktuur het in duie gestort. Vroeër kon ouens wat nie Cravenweek gespeel het nie nog by ’n universiteit of klub ontwikkel. Dit gebeur nie meer. Te veel spelers gaan verlore.

“Almal blameer die swak rand vir die uittog van spelers, maar die feit van die saak is spelers sien daar is nie vir hulle geleenthede nie.”

Wessel Oosthuizen, ’n bekende sportfotograaf wat meer as 1 000 van sy eie gunstelingrugbyfoto’s saam met dié van ander fotograwe in die boek Portrait of Rugby in 2015 heruitgegee het, sê sportfotografie het aansienlik verander sedert die eerste wedstryd wat hy in 1962 afgeneem het. Hy was saam met Claassen een van die sprekers.

“Deesdae móét fotograwe met goeie foto’s terugkom, want dis so maklik. Die kamera doen alles vir jou, hy moet nog net vir jou koffie maak. Ek het destyds nog met ’n 200 mm-lens begin. Ons moes toentertyd badkamers in hotelle as donkerkamers gebruik.”

Volgens Oosthuizen is sy beroemde foto van Frik du Preez wat die All Black Chris Laidlaw met ’n vuishou platduik, die foto wat sekerlik die meeste hergebruik is. “Daai foto word oral in mense se kroeë uitgestal. Wanneer ek vir hulle vra of hulle weet wie die foto geneem het of waar dit vandaan kom, weet hulle nie. Ek kon ’n miljoenêr gewees het indien ek geld gekry het vir al die herdrukke daarvan.”

Meer oor:  Vrystaatse Kunstefees  |  Wynand Claassen  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.