Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
Skatkis van talent
Die Bloemfonteinse Kinderkoor tydens hul optrede by die Al die pad van Bloem-vertoning Foto: Patrick Foster

Plaaslike talent lewer die meeste kaartjieverkope op tydens die Vrystaat Kunstefees.

Bloemfontein hoef hoegenaamd nie ’n tree terug te staan vir groot stede soos Johannesburg of Kaapstad nie.

Die Al die pad van Bloem-vertoning op 12 Julie in die Kovsiekerk het weer eens bewys dat die musiekkultuur van Bloemfontein ’n skatkis van musikale talent is, wat wag om ontdek te word.

Meer as 700 kaartjies is verkoop, wat dit een van die grootste musiekvertonings tydens die Vrystaat Kunstefees maak.

Die Al die pad van Bloem-inisiatief is Jacobus Silwer en sy vrou, Lizamé Coetzee, se geesteskind. Die idee het ontstaan met die oogmerk om die plaaslike musikale talent van Bloemfontein aan die res van die land bekend te stel. Deelnemers het die geleentheid gekry om hulle oorspronklike musiekkomposisies in te skryf. Die hele projek het ten volle op borge gesteun.

Van die 50 deelnemers wat ingeskryf het, het slegs 15 deurgedring en die geleentheid gekry om by die Al die pad van Bloem-vertoning te kan optree.

Die heel eerste Al die pad van Bloem-album is ook daardie selfde aand beskikbaar gestel.

Jacobus en Lizamé meen die projek kry soveel aftrek omdat dit nie net nog ’n musiekkompetisie is nie, maar ’n projek wat daarop gemik is om die kunste te bevorder. Die heel eerste Al die pad van Bloem-album is ook daardie selfde aand beskikbaar gestel, met al die deelnemers se oorspronklike werk daarop.

Volgens een van die deelnemers, Egon Bramley, het hulle almal ’n hegte band gevorm, en saam al die mooi oomblikke gekoester. Hulle was saam opgewonde met Anco Gouws wat met sy liedjie Barman, die aand se gelukkige wenner van ’n gratis musiekvideo, geborg deur Francois Slabbert van Palm Photography, was. Die plaaslike orkes, Drywater het die aand se musiekbegeleiding gedoen, met Anton Esterhuyse agter die klavier.

Die Bloemfonteinse kinderkoor het die aand vervolmaak met ’n medley van Coenie de Villiers wat sag op die oor val en jou met hoendervleis laat.

Die dissipline en sincronisasie van stemme en musiekinstrumente het een musikale skouspel opgelewer.

Die aand se sukses is soos reën in die Kaap, sê Jacobus.

Die planne is al klaar reg vir ’n volgende aflewering van Al die pad van Bloem.

Meer oor:  Stronk  |  Vrystaat Kunstefees  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.