Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
Só raak vrou hond
Joanie Combrinck speel die rol van Vlooi se ma.

Vlooi se onthutsende tjank- en blafgeluide bly lank onder die vel. Vra maar enigiemand wat die afgelope week Wild in die Wynand Mouton gaan kyk het.

In dié uitdagende toneelstuk word die bekroonde aktrise Tinarie van Wyk Loots ’n hond in elke opsig. So erg dat jou binneste gewoond raak aan die yselingwekkend ongewone toneelspel. Binne die hok op die verhoog skud selfs haar kop dat jy haar ore en wange hoor kláp.

Hoe word so ’n pragtige vrou pure hond op die planke?

“Ek het ongelooflik baie navorsing gedoen oor verlate en dierlike kinders. Daar is ten minste ses bevestigde gevalle van kinders wat so wild grootgeword het en van liefde en sorg ontneem is,” vertel sy.

Ek het gefokus op haar verskriklike hartverskeurende journey.

’n Spesifieke geval het veral haar hart geroer. “Daar is ’n 13-jarige dogtertjie, Jeanie, wat hulle onder in ’n kelder in haar ma-hulle se huis gekry en gered het. Ek het gefokus op haar verskriklike hartverskeurende journey.”

Sy het ook intense narvorsing gedoen oor kinders wat in oorloggeteisterde gebiede agtergelaat is en na hulself moes omsien. “Ook oor die ontwikkeling van die mensdom. Alles wat ons doen, is goed waaraan ons blootgestel is. As kinders nooit aan hierdie goed blootgestel word nie, sal hulle dit nooit leer nie.”

Albert Pretorius, Van Wyk Loots en Joanie Combrinck is die drie sterk akteurs wat Wild onvergeetlik maak. Foto’s: Nardus Engelbrecht

Wetenskaplikes bestudeer hierdie kinders op ’n kliniese wyse en al wat hulle regtig nodig het, is liefde, meen sy.

Op die fisieke vlak het ’n regte hondedame haar touwys gemaak.

“My beste maatjie, Nico, het ’n ongelooflike mooi Great Dane met die naam van Poppie en ek het Poppie in diepte bestudeer, ook haar maniërismes.”

Omdat sy en die hond ewe groot is, was dit maklik om haar na te boots. “Ek het ook probeer kyk na films wat daaroor gemaak is. En dan het ek algemene dieregedrag bekyk.”

Ten opsigte van fisieke voorbereiding word ’n fyn-beplande skedule gevolg net voordat die ligte verdoof word.

Dan doen ek vir ’n halfuur baie intense fisieke en stem-opwarmingsoefeninge om myself slap en gereed te maak vir die toneelstuk.

“Ons kom ’n uur en ’n half voor die tyd in, dan doen ek gewoonlik – ek maak myself vuil, soos ’n basiese dirt up, wat my omtrent 20 minute neem,. Dan doen ek vir ’n halfuur baie intense fisieke en stem-opwarmingsoefeninge om myself slap en gereed te maak vir die toneelstuk.

“En dan in die laaste 20 minute sal ek my laaste bietjie vuil aansmeer en ek sal my hare ’n bietjie deurmekaar maak. Dan sal ons spannetjie op die verhoog gaan wag en kyk wat ons uit ’n hoed kan ruk vir die volgende toneelstuk!” lag sy.

Ek probeer ook die karakter laat gaan so gou as wat ek kan, want die toneelstuk affekteer my nogal baie swaarder as wat ek bereid is om te erken.
In Wild speel Tinarie Van Wyk Loots speel die uitdagende rol van Vlooi, 'n vrou wat deur honde grootgemaak is.

As sy klaar is, baai sy lekker in ’n Epsom-soutbad. “Ek probeer ook die karakter laat gaan so gou as wat ek kan, want die toneelstuk affekteer my nogal baie swaarder as wat ek bereid is om te erken.

“Ek moet vir haar ’n plekkie gee, maar ek moet haar ook nie die heeltyd saam met my dra nie want dit sal vir my te swaar wees – dit sal my mal maak!”

Philip Rademeyer, skrywer en regisseur van Wild, sê die akteurs is ’n bietjie gaar ná ’n vertoning.

“Ek dink die uitdagings is anders vir al drie die akteurs. Dis fisiek én emosioneel. Ook vir Albert (Pretorius) en Joanie (Combrinck). Hul tonele gaan só vinnig.”

“Dit was moeilik vir Albert, want gewoonlik as jy teenoor iemand speel maak jy oogkontak, en jy wag vir daai reaksie. Maar die ding met hierdie karakter is, sy maak nie oogkontak nie, sy reageer nie as jy met haar praat nie. So vir hom het dit gevoel hy speel met niks nie. Hy moes ook iets anders leer as waaraan hy gewoond was.”

“Ek sê net voor elke show vir hulle. Go for it, gee mekaar hel in daai hok.”

Meer oor:  Stronk  |  Vrystaat Kunstefees  |  Bloemfontein  |  Hond  |  Akteur  |  Toneelspel  |  Wild
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.