Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
Spoegwolf kom ook sing - sluit fees Saterdag af

Die Vrystaat Kunstefees sluit vanjaar op ’n hoë noot en die mooi note van die alternatiewe Afrikaanse band Spoegwolf af.

Die gewilde Spoegwolf tree Saterdag nie net een keer nie, maar twee keer in Bloemfontein se Aasvoëlklub op – om 15:00 en weer om 21:00.

Afrikaanse band Spoegwolf speel op die laaste aand van die fees te sien wees.

Maak seker jy bespreek jou plek, want wanneer die nuus in Bloemfontein versprei dat Spoegwolf in die stad is, verkoop die kaartjies soos soetkoek.

Spoegwolf, uit die Boland, se musiek is Afrikaans, eerlik, rou en mooi ineen.

Die hoofsanger, Danie du Toit, sê hulle is nie net ’n band nie, maar ’n broederskap. “Een vir almal, en almal vir een.”

Die lirieke van hul liedjie "Elektriese kind" som dit ook mooi op: “Ek het saam met my broers geloop tot op die verste, verste punt . . .”

Danie skryf die meeste van hulle musiek en lirieke en Chris von Wielligh doen die meeste van die vervaardiging.

Danie sê hulle is opgewonde om die naweek weer in Bloemfontein te speel waar hulle talle ondersteuners het.

“Ons is altyd opgewonde om in Bloemfontein te speel. Dis altyd crazy as jy by ’n plek ver van die huis af opdaag en daar is inderdaad mense.”

Ralf Swart, ’n opkomende musikant van Bloemfontein, sê dit is groepe soos Spoegwolf wat vir musikante soos hy hoop gee.

“Hulle gee ons opkomende orkeste in Bloemfontein weer hoop vir die alternatiewe mark in Suid-Afrika.”

Vir al die Spoegwolf-aanhang-ers is daar goeie nuus.

Hulle is tans in die ateljee aan die werk aan hul vierde album.

Danie wil nie nou veel oor die nuwe album verklap nie.

“’n Rivier is in hierdie stadium die sentrale tema . . .”

Hulle het groot toekomsdrome. En hulle wil altyd broers bly, sê Danie.

Meer oor:  Stronk  |  Vrystaat Kunstefees  |  Danie Du Toit  |  Feeste  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.