Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
Strykkwartet bring hulde aan Madiba
Die Odeion-strykwartet met Jeanne-Louise Moolman, Sharon de Kock, Samson Diamond en Anmari van der Westhuizen.

As jy ’n ligte feesflirtasie soek, hou verby, maar as jy ’n behoefte aan ’n sielsaangrypende ervaring het, het jy nog net Dinsdag ’n kans om te luister hoe die Odeion-strykkwartet met Reflections on a Legend 46664 hulde bring aan oudpres. Nelson Mandela. Dieselfde mate van integriteit wat Madiba as staatsman openbaar het, word deur die uitvoering verpersoonlik.

Die vier kwartetlede het ná ’n lang besinning besluit om Mandela se tronknommer, 46664, deur twee kwartette en drie sekstette weer te gee. Om samehang tussen die musiek en die verloop van Mandela se lewe te verkry, is foto’s geprojekteer en het ’n verteller op gepaste moment in die musiek aanhalings uit briewe van Madiba voorgelees.

Ikoniese aanhalings soos “moed is nie die afwesigheid van vrees nie, maar om daaroor te triomfeer” en “hoop is ’n magtige wapen, selfs wanneer daar niks anders meer is nie”, het met ooreenstemmende emosies in die musiek gepaard gegaan.

Die spel was absoluut uitnemend. Tegnies gesproke, ja, maar bowenal die sensitiwiteit en diepreikende ontginning van perfek gekose werke. Dit het ’n atmosfeer geskep wat ’n mens plek-plek tot trane gedryf het.

Die vier kwartetlede het ná ’n lang besinning besluit om Mandela se tronknommer, 46664, deur twee kwartette en drie sekstette weer te gee.

’n Kwartet van die Britse komponis Michael Stimpson, getiteld “Robbeneiland”, het die onseker donker toekoms van ’n tronklewe gekarakteriseer. Bewegings uit sekstette van Sjostakowitsj, Tsjaikofski en Brahms het onder meer liefdesbriewe aan sy vrou, Winnie Mandela, ingesluit, asook sy gedagtes oor die verlede en die toekoms – diep na-

denkend en ongelooflik moedig.

Die slotwerk, “Moments in a life” van Matthijs van Dijk, verklank Mandela se woorde dat hy die ewige rus kan ingaan met die wete dat hy alles gedoen het vir sy medemens en die land.

Geen toejuiging tussen werke en ’n donker ouditorium het die intensiteit van ’n byna tasbare stemming versterk.

’n Samestelling wat sinvol deurdink is en ’n vertolking van onverdunde integriteit maak die produksie ’n moet vir mense met diepte.

Die Odeion-strykwartet met Samson Diamond, Sharon de Kock, Jeanne-Louise Moolman en Anmari van der Westhuizen is in die sekstette bygestaan deur Louise Lansdown en Susan Mouton.

  • Dinsdag om 12:30. R130 by Computicket.
Meer oor:  Nelson Mandela  |  Bloemfontein  |  Vrystaat Kunstefees  |  Feeste  |  Musiek  |  Kunstefeeste  |  Stronk  |  Klassieke Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.