Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
Suksesvolle literatuurfees bied verskeidenheid
Die ATKV-Boeke-oase (Eeufeeskompleks), waar baie van die gesprekke op die literatuurfees plaasvind, lok vol sale. Foto: Conrad Bornman

Die verskeidenheid gespreksgenote en onderwerpe is volgens Corneli van den Berg, koördineerder van die Vrystaat Kunstefees se literatuurfees, een van die belangrikste redes hoekom dit suksesvol is.

’n Paar van die boekbesprekings op die eerste twee dae van die fees het vol sale gelok.

“Ons probeer ’n uiteenlopende program saamstel wat vir alle smake is. Dit was tot dusver ’n reusesukses, wat my wildste drome oortref.

“Die gesprekke is lekker informeel en gehoorlede praat graag saam. Die deelnemers is goed ingelig en ken hul onderwerpe. 12 van die deelnemers is van die buiteland,” sê sy.

Die aanbiedinge op die program het van 55 verlede jaar tot 64 toegeneem, wat in ses venues in en om die ATKV-Boeke-oase (Eeufeeskompleks) plaasvind.

Volgens Van den Berg lok die literatuurfees baie feesgangers wat nie noodwendig in teateropvoerings belang stel nie.

“Dis amper ’n unieke mark, jou boekemense wat hierheen kom. Ek het al by ’n paar mense gehoor dat dit jou intellektuele feesganger is wat die gesprekke kom bywoon.”

Ruda Landman, gespreksleier vir die Diskoers-reeks, is baie opgewonde oor die literatuurfees, wat nou in sy derde jaar is.

Sy meen die onderwerpe maak saak en is relevant vir Suid-Afrika vandag.

Landman sê Donderdag se gesprek oor grondregte kan mense beter begrip gee waaroor grondhervorming gaan en hoekom mense so emosioneel daaroor is.

“Die sprekers (Peter Delius, Tembeka Ngcukaitobi en Henk Smit) kom met ’n heel nuwe invalshoek,” sê Landman.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.