Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
Teatergogga byt pienkvoete
Babah, die heel eerste babateater het vandeesweek op die Vrystaatse Kunstefees gedebuteer. Hier is Michélle Bornman met Baba Benjamin en die aktrise Schoemé Grobler. Foto: Conrad Bornman

“Watch hoe hap sy daai drom,” sê ’n stralende teaterganger.

Mia (10 maande) is in vervoering oor die musikale instrumente in Babah, die heel eerste babateater vir pienkvoete van 4 tot 12 maande oud wat Donderdag op die fees gedebuteer het.

Die hele toneel speel binne ’n tent in die Soetdoring-gazellie af; ’n veilige fort waar ses mammas en hul babas op ’n kussingvloer sit en eindeloos vermaak word deur Schoemé Grobler en Lonny Mongalo, die twee hoofrolspelers van dié innoverende teaterstuk.

“Ôh-ôhhhhhhh!”

Krrrrrr, Ôh-ôh, La, Mamma en Pappa word elk met ’n liedjie bekend gestel. Dan word dié kleurvolle diertjies en figuurtjies een vir een met die klanke van dreunsang en ligte trommepietse in ’n takkekrans bo hul koppe gehang.

Die duet-vertoning gaan oor na ligte tongklappies. Toontjies krul, kwylstrepe blink.

Die duet-vertoning gaan oor na ligte tongklappies. Toontjies krul, kwylstrepe blink.

Buite begin dit saggies reën. Mamma Afrika het saam kom speel en sus.

’n Liggie flits in ’n spierwitgoingsak. Benjamin (ses maande) is sprakeloos en knoop sy vingertjies in verwondering.

Dié soort teater is ’n totale nuwigheid op die plaaslike planke en spesifiek geskep vir babas van vier tot 12 maande.

“Ek wil nie hier weg nie,” sê Michélle Bornman, Benjamin se mamma.

Grobler wil volgende jaar ’n teaterstuk vir babas van 12 tot 18 maande op die planke bring. “Kleuterteater begin by 2 jaar en op, so ons wil definitief ook iets skep vir ouer babas,” sê sy.

Babateater is reeds in die 1980s gebore, en dis waar sy dit gesien het. “Ek moes dit eenvoudig na my tuisland bring.”

Ek vra ná die tyd vir Baba Joshua (10 maande) wat sy hoogtepunt van die stuk was.

“Hôlôlô!” is sy reaksie.

Een ding is duidelik; al die babas is vandag in ’n tent deur die teatergogga gebyt.

Meer oor:  Stronk  |  Vrystaat Kunstefees  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.