Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
Tien uit tien vir 10 lekker feeste

Tien feeste. Eers die Volksblad-kunstefees. Toe die Vryfees en later die Vrystaat Kunstefees. Elke jaar ’n gebeurtenis om na uit te sien.

Tien jaar se stories soek, onderhoude doen, berigte skryf. Gratis vertonings kyk. Met bekendes in die vermaaklikheidsbedryf werk en hulle ’n klein bietjie leer ken.

Soveel onderhoude. Soveel stories. By uitstek aangename ervarings.

Daar was Al Debbo se dood in 2011 en ’n onderhoud met sy jongste seun wat enkele ure ná sy dood ’n uitdagende rol in ’n toneelstuk moes aanpak.

’n Ontmoeting in 2010 danksy Stronk tussen Arende se skrywer, Paul C Venter, en twee van die hoofspelers, Susanne Beyers en Ian Roberts, wat hy meer as ’n dekade laas gesien het.

Die ontwrigting van Liewe Heksie: Flower Power in die Sand du Plessis-teater (2015).

Lize Beekman se emosionele vertoning kort ná haar lewensmaat se dood in 2012.

Die Klaagliedere van ds. Tienie Benade wat in stikdonkerte ná ’n kragonderbreking moes voortgaan (2015).

’n Rit van die lughawe tot in die stad saam met Koos Kombuis wat nie ’n enkele woord gepraat het nie (2009).

Die onthulling van Chris Chameleon en sy nou verloofde se liefdesverhouding in 2015.

Die besef van die impak van teater op ’n mens se lewe met Dinsdae by Morrie (2010).

Amor van der Westhuyzen se openhartige gesprek oor haar ma, Joey Haarhoff, wat haar as kind “verniel” het (2016).

Die voorreg om in 2013 vir Sandra Prinsloo ’n saamrygeleentheid op die kampus te gee (het selde al so stadig oor spoedhobbels soos daardie dag gery).

Eerste jaar (2008) as rou joernalis wat ná ’n berig oor Margit Meyer-Rödenbeck ’n paar regstellings moes doen.

En die jaar 2012 se berig oor ’n dramaturg en regisseur se ou liefde wat my en Vicus Bürger, daardie jaar se Stronk-redakteur, ’n behoorlike uittrapsessie besorg het.

Akteurs wat altyd bereid was om te gesels of tot ’n opgestelde foto in te stem en te glimlag.

Soveel stories. Te veel om te onthou. Soveel ervarings. Soveel herinneringe. Meestal goed. Gaan dit mis. Vroeg in Julie op die Kovsie-kampus. Akteurs, regisseurs en Stronk-kollegas wat kennisse en later vriende geword het, soos Margit en die liewe Izellie met die pragtige glimlag van Tonder en Theuns die akademikus en twakprater Du Buisson.

My laaste kunstefees as joernalis. Tyd om aan te beweeg. Dit was lekker. Dankie.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Kunstefees  |  Vrystaat Kunstefees  |  Feeste  |  Stronk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.