Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
Tienerwees is nié maklik nié

Tieners trek swaar. Aan die soeke na identiteit, aan die hunkering na aanvaarding en aan die dad shaped hole.

Dié kwessies is Dinsdag in ’n gesprek met Fanie Viljoen, bekroonde jeugboekskrywer, en Simon Bruinders, akteur en skrywer, in die Oase Boeketent gepak.

Hul splinternuwe jeugromans Veldiep en Die DJ is tydens die gesprek bekend gestel.

Fanie Viljoen (links) en Simon Bruinders gesels met die joernalis Cheréne Pienaar oor hul nuwe jeugromans. Foto: Conrad Bornman

Volgens Bruinders moet ouers ook jeugboeke begin lees om hul kinders beter te verstaan. Die DJ is sy eerste jeugboek, en ná Die Sideboard, sy gewilde roman, blyk dit die jeugboekgogga het hom gebyt.

Met sy nuwe boekbaba kyk Bruinders na dwelmverslawing en die impak van verbrokkelende gesinne op die Kaapse Vlakte.

Die skrywer H. Norman Wright praat van “a dad shaped hole”.

Die kommer oor pa-loosheid en die gebrek aan mentorskap is een van die groot oorsake van die dwelmprobleem op die Kaapse Vlakte en ander dele van ons kosbare land, sê Bruinders.

Danny, ’n kleindorpse seun wat sy pa verloor en met die res van sy gesin na Mitchell’s Plain verhuis, probeer inpas, en móét.

Viljoen sê om oor ander tieners te lees, help tieners om minder alleen te voel en leer hulle hoe om die sosiale media-sfeer te benader sonder dat daar op hulle neergepraat word.

In Veldiep laai Amber ’n anonieme video op YouTube waarin sy vra of sy mooi of lelik is. Dié tendens is ’n realiteit en algemeen onder jong meisies wêreldwyd, met meer as 50 000 videos waarin dié blootstellende vraag aan hordes vreemdelinge gevra word. Die opmerkings en kommentare onder die video is dan merendeels afbrekend van aard.

“Daar is nog altyd geboelie. Die verskil is dit het destyds opgehou as die klok lui. Met die digitale era hou dit nooit op nie.

“Tieners wil raakgesien word.”

Viljoen sê die soeke na aanvaarding is ’n oeroue probleem.

“Sosiale media het net die probleem net kom opblaas.”

Meer oor:  Stronk  |  Vrystaat Kunstefees  |  Gespreksreeks  |  Boeke  |  Feeste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.