Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
Verkiesing 2019 sal SA se mees bestrede een nog wees
Van links: Ruda Landman, Mondli Makhanya en Jan-Jan Joubert in die gesprek “Die Verlede, Hede, Toekoms van Suid-Afrikaanse Politiek?” op die fees. Foto: Conrad Bornman

Volgende jaar se verkiesing sal volgens Jan-Jan Joubert, politieke ontleder en skrywer van Wie Gaan 2019 Regeer?, sonder enige twyfel die mees bestrede verkiesing in Suid-Afrika se geskiedenis wees.

Volgens hom kan ’n mens dit maklik voorspel.

Selfs 2016 se “onverwagse” uitslae in verskeie provinsies kon volgens hom maklik voorspel word.

“As jy nie die politiek as uiting van hoe jy voel gebruik nie, maar eerder as ’n wiskundige oefening kan jy dit reg voorspel.”

Mondli Makhanya, redakteur van City Press, stem hiermee saam.

“Daar was ’n tyd toe stemme outomaties gedoen is. Mense het volgens hul identiteit gestem vir partye vir wie hulle tradisioneel sou stem. Nou dink mense meer oor vir wie hulle stem.”

Hy vertel ook dat daar ANC-ondersteuners is wat graag wil hê die ANC moet mag verloor, maar hulle verwag dat ander getroue ondersteuners se stem swaarder sal weeg. Dit is vir baie ondenkbaar om vir iemand anders te stem.

“Mense het besef dat ’n stem vir die ANC ook ’n stem vir Zuma is, maar hulle het hul neuse toegedruk en steeds ANC gestem.”

Ramaphosa wil gesien word as die Mandela van sy era wat weer die land verenig.

Joubert benadruk mense moet onderskei tussen die verskillende faksies in die ANC.

Hoewel Ramaphosa amptelik die president is, regeer hy nie werklik in al die provinsies nie.

“Uit die 9 provinsies, hoeveel regeer Ramaphosa werklik? Dink julle hy regeer die Vrystaat?

“Ace Magashule en Supra Mahumapelo is nog stewig in die saal.”

Makhanya sê Mahumapelo en Magashule ken die spel van mag baie goed.

“Ace mag dalk in Luthuli-huis sit, maar hier regeer hy nog. Stadsbestuurders, munisipale leiers en ANC-takleiers is steeds mense wat deur hom aangestel is.”

Volgens Joubert beplan Ramaphosa ’n regering van nasionale eenheid.

“Ek was verbaas om te sien watter invloedryke mense die ANC na my huis gestuur het om met my te praat. Ramaphosa se eerste keuse is ’n regering van nasionale eenheid, ongeag wat in die verkiesing gebeur. Dit sal die ANC in ’n goeie lig stel, terwyl dit die opposisie verdeel.”

Makhanya sê so ’n regering van nasionale eenheid is die slegste ding wat met die land kan gebeur, omdat ons ’n sterk tradisie van diverse en dinamiese politiek het. ’n Eenheidsregering sal hierdie dinamiese aard van ons politiek ondermyn.

“Ramaphosa wil gesien word as die Mandela van sy era wat weer die land verenig.”

Meer oor:  Mondli Makhanya  |  Ruda Landman  |  Jan-Jan Joubert  |  Bloemfontein  |  Kunstefees  |  Vrystaat Kunstefees  |  Gespreksreeks  |  Boeke  |  Verkiesing  |  Feeste  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.