Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
Vetkoek-terapie help om jou vir die lewe te brei
Albert Smith is te sien met sy Vetkoekstories op vanjaar se fees. Foto: Conrad Bornman

“ ’n Vetkoek moet djy warm uit die olie met jou hanne eet, en djy moenie worry oor jou cholesterol of jou suiker terwyl djy dit doen nie.”

So verduidelik Albert Smith met sy groot hande by sy stalletjie vir kerrievetkoeke.

En Albert sal weet, want hy bak al jare vetkoek. Vanjaar het hy sy stalletjie kom opslaan vir Vetkoekstories as deel van die Vrynge-program op die Vrystaat Kunstefees.

Hierdie inisiatief gee feesgangers die kans om hul eie vetkoeke te bak en dan self te eet of met iemand anders te deel terwyl hulle stories uitruil.

Albert dink terug aan sy kinderdae in Suid-Afrika en hoe hy kleintyd uit die koshuis geglip het om ’n vetkoek te gaan koop.

“Ek onthou die anties van die destydse Ashbury en hoe hulle by die skool se fence gekom het om vetkoeke en liver polony te verkoop,” sê hy.

’n Vetkoek moet djy warm uit die olie met jou hanne eet.

Hoewel Albert eers in Suid-Afrika gebly het, het hy in 1996 na Birmingham, Engeland, verhuis en sy brood as skerpskertser (stand-up comedian) en vetkoeke verdien.

En brood is iets waaroor Albert baie passievol is. So passievol dat baie van sy vertonings die een of ander vorm van brood insluit.

Volgens hom is die proses van broodbak terapeuties, en iets wat ’n mens kan gebruik om jou geestesgesondheid te bevorder. Hierdie aktiwiteit het sy lewe gered, terwyl hy met sy eie geesteskwessies gewroeg het. Deesdae bied hy ook “vetkoek-terapie” aan vir nuwe ma’s wat aan nageboortelike depressie ly.

“Elke stap van die broodbak- proses is terapeuties. Die voorbereiding moet daar wees. Jy moet weet wat jy wil doen.

“Maar jy het nie beheer oor alles tydens die bakproses nie. En in een of ander stadium raak jou deeg taai. Dis ’n metafoor vir die lewe.

“Maar brood of vetkoek bak – it slows you down. Want jy moet geduld hê om dit reg te doen.”

Volgens Albert is hierdie proses iets wat mense voed en die siel vul. En in ’n wêreld waar mense dikwels te besig is om vir ander om te gee is vetkoek-terapie beslis broodnodig.

  • Besoek Albert se stalletjie elke dag om 10:00, 12:00 en 16:00 naby die Callie Human-sentrum om jou eie vetkoek te bak en eet.
Meer oor:  Stronk  |  Vrystaat Kunstefees  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.