Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
Wanneer bloed vir vrede verspil word
Theuns du Buisson, Jessica Pitchford, Johan Booysen en Johan Raath by die gesprek getitel Bloed, die prys van vrede? Foto: Conrad Bornman

“Jy kan dit nie vir mense vertel nie. As die bloed twee duim diep lê in ’n plas so groot soos dié saal. Jy kan dit nie vir die publiek vertel nie.”

Só sê Johan Raath, ’n afgetrede private militêre kontrakteur wat al in 15 lande, maar hoofsaaklik Irak, diens gedoen het. Hy is die skrywer van Blood Money.

Saam met hom op die paneel van “Bloed, die prys van vrede?” was Johann Booysen, oudhoof van die Valke in KwaZulu-Natal, sowel as Jessica Pitchford, skrywer van Blood on Their Hands, oor Johan Booysen se gekompliseerde polisieloopbaan.

Johann Booysen se pad met die huidige polisieminister, Bheki Cele, loop ver terug. Hy vertel dat hulle oorspronklik ontmoet het toe 18 ANC-lede by Shobashobane doodgeskiet is. Cele het toe daar opgedaag en beweer dat die polisie betrokke was by die moorde. Hy het toe vir die gemeenskap gevra om nie met die polisie saam te werk nie.

Sedertdien het Booysen en Cele al heelwat saamgewerk en Booysen praat positief oor sy rol om polisielede te bemagtig.

Daar is meer kundigheid buite die polisie as daarbinne.

Hoewel Raath ook ’n aggressiewe hantering van misdaad voorstaan, glo hy nie dat hy ’n polisieman sou kon wees nie. “Ek is net nie opgelei daarvoor nie. My opleiding sê as ’n ou jou moeilikheid gee, dan maak jy hom klaar. Die polisie kan dit nie doen nie.” Hy en Booysen is dit eens dat Suid-Afrika se polisie in groot moeilikheid is.

Booysen is veral bekommerd oor misdaadintelligensie wat nie meer enige inligting insamel nie omdat mense soos generaal Richard Mdluli dit in ’n nes van korrupsie verander het.

“Daar is meer kundigheid buite die polisie as daarbinne.”

’n Interessante ooreenkoms tussen die voorblaaie van die twee boeke is dat albei rooi is met helikopters op.

Albei se name is Johan en die woord “bloed” is in albei titels. Raath sit met ’n AK-47, terwyl Booysen daarvan beskuldig word dat hy met die helikopter in die foto gevlieg het om ’n AK-47 te gaan plant.

Raath vertel dat die foto ’n oomblik uit die “beste dag van sy lewe” vasvang. “Ons kon nie opstyg nie, want daar was ‘n skietgeveg tussen die Green Berets en Al-Kaïda, so toe wag ons.”

Hy vertel dat die vlieënier van die Black Hawk-helikopter hom toe vra of hy van AC-DC se musiek hou. “Daar sit ons toe, in die middel van ’n hewige geveg, met ‘Thunderstruck’ kliphard in die agtergrond.”

Meer oor:  Stronk  |  Vrystaat Kunstefees  |  Bloemfontein  |  Vrede  |  Bloed  |  Oorlog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.