Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stronk
‘Wit mense het Afrikaans by Khoi gesteel’

Toe Jan van Riebeeck en sy mense in 1652 hier aangekom het, het die Khoi-mense reeds Afrikaans gepraat. Wit mense het dit by hulle gesteel, sê die taal- en kultuuraktivis, skrywer en kunstenaar Denver Breda.

Die Nederlanders en ander mense van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) wou die Khoi-tale aanleer, maar hulle tonge kon nie clicks vorm nie. Die Khoi-mense het toe Afrikaans geskep om met hulle te kan kommunikeer. Die diefstal van Afrikaans het daarom ’n vreeslike taalverlies by die Khoi-mense tuisgebring, deurdat hulle hul oorspronklike tale verloor het. Afrikaans se geskiedenis is daarom vir hom, wat as Khoi identifiseer, baie pynlik.

Van links, Denver Breda, Theuns du Buisson, Hemelbesem, Tessa Muller en Theuns Eloff in gesprek. Foto: Conrad Bornman

Die skrywer Tessa Muller stem saam.

“Toe ek grootgeword het, het ek geleer Afrikaans is vir bruin mense is. Later het ek uitgevind dat dit deur wit mense op ons afgedwing is.”

Theuns du Buisson het saam met Hemelbesem, die gespreksleier, benadruk dat dié taal ’n gedeelde geskiedenis het, wat beklemtoon moet word om mense in die toekoms te verenig.

Vir Hemelbesem is die groot uitdaging tans dat bruin kinders nie ikone het wat die bruin dialekte praat nie. Hierop wou Breda weet waarom die sepies so geskryf word dat bruin mense, wat nie soos wit mense praat nie, altyd misdadigers en arm karakters is.

“Hoekom kan ’n chirurg in ’n sepie nie ook soos onse mense praat nie?”

Theuns Eloff deel hierdie besorgdheid, maar beklemtoon dat ons grootste fokus op opvoeding moet wees. Dit sluit alle vlakke in, van universiteit tot kleuterskool.

“Op die Kaapse Vlakte is kleuterskole ’n luukse. Dit sal moet verander, en dit sal Afrikaanse kleuterskole moet wees. Ons moet eintlik met jong ouers praat en vir hulle vra om hul kinders in Afrikaans groot te maak.”

Hierop het Breda instemmend geknik.

Hy het benadruk dat bruin mense, veral Khoi-groepe, nie deur nog ’n proses van taalverlies wil gaan deur Afrikaans ook te verloor nie.

Meer oor:  Vrystaat Kunstefees  |  Gespreksreeks  |  Feeste  |  Afrikaans  |  Khoi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Stronk Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.