Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
16 by Othello-aftreeoord met virus besmet

Vyftien van die 20 bejaardes in die sorgeenheid van Othello-aftreeoord in Brackenfell het positief getoets vir die koronavirus.

Nóg ’n inwoner in die oord het ook positief getoets. Aanvanklik is slegs sewe inwoners van die sorgeenheid met geringe lugwegsimptome in isolasie geplaas en getoets.

Verdere toetse het die 15 gevalle bevestig.

Die meeste pasiënte ondervind net ligte simptome en word in isolasie in die sorgeenheid verpleeg, volgens Gerhard Lombard, direkteur van Medwell SA, die mediese diensverskaffer by die oord se sorgeenheid.

Drie inwoners wat positief getoets is, is toegelaat tot hospitale weens onderliggende siektetoestande, sê Lombard.

Volgens hom is die eerste groep inwoners verlede Dinsdagoggend (13 Mei) getoets en is die resultate Woensdag ontvang.

“Die inwoners is getoets nadat hul liggaamstemperatuur bo die normale 36°C tot 37°C gestyg het,” sê Lombard.

Hy sê in al die gevalle is besmetting met die Covid-19-virus opgedoen ten spyte van baie streng interne maatreëls wat vanaf die eerste dag van die inperking geld.

“In hierdie stadium is dit baie moeilik om die oorsprong van die Covid-19-besmetting te bepaal, maar dit word steeds ondersoek.”

Vyf Medwell SA-personeellede het ook positief getoets en word tans in isolasie gemonitor.

Die ander inwoner van die oord is asimptomaties en is as standaardpraktyk voor ’n mediese prosedure vir die virus getoets en positief bevind, sê Marina Potgieter, oordbestuurder.

Hierdie persoon is ingevolge Othello se bestaande protokol in isolasie geplaas. Die betrokke woonstelblok is ook volgens Othello se soneringsprotokol afgesper.

“Othello-inwoners word deurlopend op hoogte van sake gehou van die bedreiging van die virus en van ons interne maatreëls,” sê Potgieter.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.