Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Skole is daar vir skoolwerk, nie vir godsdiens’

“Dis nie die taak van ’n onderwyser om kinders te leer van die hel nie. Skole is daar vir skoolwerk,” het Hans Pietersen, voorsitter van die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie (Ogod), sy standpunt oor die rol van godsdiens in skole verwoord tydens ’n gespreksgeleentheid by die NG Kerk Durbanville.

Pietersen, ’n Stellenbosse sakeman, het ’n hofsaak by die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg aanhangig gemaak teen ses skole wat godsdiens beoefen. Ogod het gevra dat dit ongrondwetlik verklaar word en sekere godsdienspraktyke deur die hof verbied word.

“Ons wil nie die Grondwet verander nie, maar vra bloot dat om dít wat reeds daarin staan, te implementeer,” het hy gesê.

Dié saak het in 2008 begin toe sy drieling, toe in graad 4, se juffrou ’n Jesusweek gehou het. Die leerders moes almal geel bandjies dra,” het Pietersen vertel. Hy het in ’n brief aan die skool kapsie daarteen gemaak. “Die houding was een van as jy nie hou van die skool nie, kry ’n ander skool. Maar ingevolge die Grondwet mag die skool dit nie self finansier of inisieer nie. Ek wil vir hulle sê as jy nie hou van jou land se Grondwet nie, vind vir jou ’n ander land,” het hy gesê.

Dr. Johan van der Merwe, ’n predikant van die NG Kerk Stellenbosch wat saam met Pietersen aan die gesprek deelgeneem het – óók destyds die voorsitter van die ouerbeheerligaam van dié laerskool – het met hom saamgestem oor meeste van sy argumente.“Ons moet ons hand in eie boesem steek en erken daar was in die verlede dikwels vergrype in die naam van godsdiens in skole.

“Ek het self ook nooit my kinders van die hel geleer nie. Dit is nie die styl van Jesus nie. Hy is ’n God van liefde,” het hy gesê

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.