Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Leerder land met helikopter by skool

Leerders aan die Laerskool Accordionstraat in Belhar het verlede week met oop monde en groot oë gestaan en kyk hoe een van hul skoolmaats met ’n helikopter by die skool afgelaai word.

Mehaad Kleinbooi (6) het met ’n helikopter van Cape Town Helicopters (CTH) by die skool opgedaag ná sy ’n kompetisie gewen het.

Volgens Roland Hendricks, voorsitter van die skool se beheerliggaam, het een van die onderwysers, Lynn Williams, met die idee vir die kompetisie vorendag gekom.

“Williams se man werk vir ’n helikoptermaatskappy wat soms vlugte reël as ’n welwillendheidsgebaar. Sy het toe met die maatskappy gereël dat hulle ’n helikoperrit as prys borg,” sê Hendricks.

Die juffrou het die idee met die skoolhoof bespreek, wat weer op haar beurt met Hendricks beraadslag het. “Ons het reëls vir die kompetisie vasgestel. Dit sou maklik wees om net die slimste kind te kies, maar ons wou almal ’n kans gee. Elke klas moes ’n leerder nomineer wat ten spyte van omstandighede goed vaar in die skool en gehoorsaam is. ’n Trekking is einde verlede jaar tydens die diploma-plegtigheid gehou en Mehaad is gekies. Die dag toe die skool heropen, het alle kinders die geleentheid gekry om te sien hoe die helikopter op die skool se veld land en sy uitklim,” sê Hendricks.

Toe TygerBurger Mehaad by die skool gaan besoek het sy skaam gesê sy was glad nie bang om in die helikopter te wees nie. “Ek sal dit weer doen,” sê sy. “Ek kon die skool van daar bo af sien.”

Astrid Barreiro, skoolhoof, sê Mehaad het die helikopterrit verdien.

“Hierdie ding kon nie ’n liefliker kind te beurt geval het nie. So baie dinge gebeur in ons gemeenskap dat so iets ’n kind se hele uitkyk op die lewe kan verander,” sê Barreiro.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.