Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Topleerder landuit

Dalk sal daar iemand in Nieu-Seeland wees wat by Anika van Niekerk (18) Afrikaans wil leer wanneer sy daarheen trek.

Want dié toppresteerder weet duidelik baie van die taal.

Anika, van Stellenberg, is verlede week aangewys as die Wes-Kaap se toppresteerder in Afrikaans Huistaal met 98%.

“Ek is bietjie verras; ek het dit glad nie verwag nie,” sê sy.

Benewens hierdie prestasie het sy ook sewe onderskeidings gekry en tweede in haar matriekgroep by die Hoërskool Stellenberg geëindig. Haar gemiddelde is 90,8%.

Hierdie aspirant-dokter gaan vanjaar BSc Biomediese wetenskappe deur Unisa studeer terwyl haar gesin die proses finaliseer om Nieu-Seeland toe te trek.

Ten spyte van haar hoë punte het sy nie keuring vir medies gekry nie en hoop om hierdie droom daar te verwesenlik.

Sy sê harde werk is ’n groot rede vir haar sukses. “Ek dink min mense neem Afrikaans ernstig op,” sê sy. Sy het egter elke dag sedert die begin van die jaar daaraan gewerk. Sy het onder meer die voorgeskrewe boek Onderwêreld (deur Fanie Viljoen) en die drama Mis (deur Reza de Wet) herhaaldelik deurgelees en die gedigte basies uit haar kop geken. Sy het die bundel met taalnotas ook elke keer deurgewerk voordat sy ’n eksamen moes skryf. “Hulle sê mos ‘met herhaling kom vaslegging’.”

Sy het nie juis haar prestasie in Afrikaans gevier nie, maar toe sy haar uitslae kry, het haar ma, Annamarie, en suster, Lizelle (13), vir haar blomme gegee. Haar pa, Danie, ’n prokureur, is reeds in Nieu-Seeland.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.