Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ambulansdiens: Verwag ’n vertraging

Die Wes-Kaapse departement van gesondheid het pas bekend gemaak dat die publiek vertragings kan verwag wanneer hulle ’n ambulans ontbied.

Dié vertraging is grotendeels veroorsaak deur die hoë aantal gevalle van Covid-19, waaraan die diens tans meer aandag skenk, sê Deanna Bessick.

Bessick het gereageer op navrae deur TygerBurger nadat ’n leser onlangs gekla het oor die provinsie se nood- mediese dienste, oftewel EMS-diens, (“Ambulans daag nie op”, 17/6).

Nerene Koen, die omgekrapte leser, het vertel dat sy en haar familie vroeër die maand lank vir die ambulansdiens moes wag om haar broer, Clyde Myburgh, na die Karl Bremer-hospitaal te vervoer.

Myburgh het die betrokke dag bloed begin opgooi en het ’n infeksie opgedoen. Talle oproepe is glo na die ambulansdiens se noodnommer (10177) gemaak. Die ambulans het egter nooit opgedaag nie. Die familie het Myburgh (78), ’n kankerlyer van Pointstraat in Parow, toe self vervoer.

Bessick het bevestig dat die nooddiens drie oproepe van dieselfde adres ontvang het.

“Die geval is egter gekanselleer nadat die persoon wat geskakel het, aangedui het dat hulle van private vervoer gebruik gaan maak,” sê sy.

Sy sê die oproep is as ’n P2-geval, oftewel ’n nie-lewensgevaarlike toestand, geklassifiseer.

“Weens die koronavirus-pandemie ervaar die EMS-diens ’n groot toename in die aantal noodoproepe. As gevolg hiervan is die wagperiode vir noodoproepe langer as normaal. Mense kan ’n vertraging verwag, want ambulanspersoneel wat Covid-19-gevalle bywoon, is ook verplig om die voertuig eers deeglik te reinig.

“In hierdie geval het die pasiënt langer gewag, omdat die protokol gevolg is en daar meer aandag gegee is aan P1, dus lewensgevaarlike toestande, sowel as Covid-19-gevalle, wat geprioritiseer word. Ons vra die familie om verskoning vir enige ongerief wat ervaar is,” sê Bessick.

  • Die dokter het verlede week aan die pasiënt se familie gesê dat hy terminaal siek is en moontlik nie weer ontslaan sal word nie.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.