Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Andriëtte Norman besoek alma mater

Die bekende Afrikaanse sanger Andriëtte Norman het verlede week besoek gebring aan haar alma mater by die Hoërskool Brackenfell, waar sy in 2004 gematrikuleer het.

Sy het haar verwonder aan al die veranderinge wat aangebring is aan die voorportaal, die personeelkamer en kantoorblokke.

Dit was ook vir haar ’n spesiale warm ervaring om haar eie foto op die vereringsmuur met foto’s van oud-Brakkies wat ’n besonderse prestasie in hul loopbane bereik het.

Andriëtte was ’n skugter leerder, maar erken dat haar deelname aan die revues waarvoor Brackenfell so bekend was, vir haar die hoogtepunte was van haar skoollewe.

Sy het toe reeds gedroom “om eendag te sing”, maar wou beslis eers ’n formele beroepsloopbaan vestig ... en dit het sy gedoen as skoonheidsterapeut.

Hierdie loopbaan is egter kortgeknip deur haar prestasie in die Idols-kompetisie waarin sy as naaswenner gekroon is. Daarna was daar letterlik geen keer aan haar nie.

Reuben Fourie, ’n huidige matrikulant, het met haar gesels nadat sy onder meer van haar onderwysers gaan verras het in die klas.

’n Volledige video is deur Pinpro-Media saamgestel en kan op Andriëtte se Facebookblad en ook op die Hoërskool Brackenfell se Facebookblad gesien word.

Andriëtte tree op Vrydag 1 Junie vanaf 19:00 by die Hoërskool Brackenfell op, waar sy van haar ou gunstelinge. maar ook enkele nuwe liedjies gaan sing.

Kontak die skool om te bespreek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.