Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bekende skrywer bied kursus aan

Die kinderboekskrywer Marianna Brandt gaan weer in Februarie haar gewilde skryfkursus aanbied.

Brandt is die skrywer van onder meer die Emma-reeks en Poppie-Dot se verhale.

Met vorige kursusse het sy talle suksesvolle skrywers help oplei, onder andere Elizbe van der Colff, Noreen Nolte, De Wet Hugo, Troula Goosen, Jolene du Toit, Gloudine Kellerman en Anika Molnar.

Die kursus strek oor drie dae in Februarie en die presiese datum en plek sal nog bevestig word.

“Begin nou,” sê sy. “Daar is geen ouderdom aan jou talent gekoppel nie. Jy kan ’n mooi boek vir jou kleinkinders nalaat. Dink net, jy het nie eens nodig om af te tree uit hierdie unieke en opwindende beroep nie. Jy kan net elke oomblik van jou skryfwerk geniet en dan sien hoe jou lesers dit ook geniet en waardeer.”

Brandt sê die kursus bied alles wat jy nodig het om enige kinder- of jeugboek te skryf – “rillers, fantasie, wetenskapfiksie, romans, spookstories en ook talle van die nuwe neigings.”

Kursusgangers sal leer waar om idees te kry en hoe om dit te gebruik om ’n volwaardige boek te skryf.

“Jy sal leer hoe om die storielyn te beplan en hoe om die slaggate te vermy.”

Belangstellendes kan Brandt per e-pos kontak by brandtmarianna@gmail.com vir meer inligting en om te bespreek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.