Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bekende skrywer sterf op 75

Die Christelike skrywer en oud-inwoner van Bellville, Nina Smit, is onlangs oorlede.

Sy was 75 jaar oud toe sy op 31 Januarie in Somerset-Wes dood is.

Smit het landwye aanhang geniet en het meer as 200 boeke geskryf.

Sy het ook bydraes aan Sarie, Rooi Rose, Die Kerkbode, Die Voorligter en LiG gelewer.

Sy en haar man, Johan, was jare gelede die predikantspaar in die NG kerk Bellville-Oos, waarna hulle in 1983 by Helderberg-gemeente in Somerset-Wes aangesluit het.

Johan is in 2016 aan kanker oorlede.

Cum-boeke het op Facebook hulde aan haar gebring. “Nina se lewensvreugde, sprankelende styl, geestelike insig en besondere woordvermoë sal gemis word. Die skrywerswêreld is armer sonder haar,” het Cum in sy plasing geskryf.

In ’n doodsberig in Die Burger sê haar familie: “Jy het soveel liefde en omgee met jou pen in baie mense se lewe gelaat.

“Ons harte is stukkend, maar die hemele is ’n blouoog-engel ryker!”

’n Gedenkdiens is Maandag in Somerset-Wes gehou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.