Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bekende sportman verloor kankerstryd

Een van Welgelegen en die land se bekendste en veelsydigste wêreldrekord-atlete het op Woensdag 7 September die stryd teen beenmurgkanker verloor.

George Bonzet (64), beter bekend as Ewald, het van vroeg af reeds sy staal op die atletiekveld gewys, vertel sy seun, Ewald jr.

Reeds in 1969, in sy pa se matriekjaar, het Ewald sr. die WP se junior rekords laat spat, en van 1972 tot 1979 verbeter hy 11 SA rekords, sê sy seun.

Kort hierna is sy pa na Duitsland waar hy ’n nuwe 10 000 m-rekord opgestel het wat eers ses jaar later in 1980 verbeter is.

Hierdie poging plaas Ewald sr. derde op die lys van beste vertonings van alle tye in die wêreld, maar dit was nog geensins die einde van sy sukses.

Net die volgende jaar in 1975 stel Ewald sr. die beste tyd in die wêreld op in die 2 000 m.

Dit was egter tydens moeilike tye in die apartheidsera in Suid-Afrika, en Ewald kon nie aan die Olimpiese Spele deelneem nie.

Dit het hom egter nie verhoed om sy vlag hoog te laat wapper en as individu in onder meer Duitsland, Finland, Italië, België, Amerika en selfs Angola deel te neem nie.

In Amerika was Ewald sr. onoorwonne in binnenshuise wedlope, vertel sy seun.

Hier klop hy onder meer vir Frank Shorter, die destydse Olimpiese kampioen, en word ses universiteitsbeurse aangebied, wat hy egter van die hand wys.

“My pa word die eerste atleet in die geskiedenis van die land wat 10 droommyle hardloop. Hy word een van slegs drie atlete wat Springbokkleure in drie atletiekkodes verwerf – in baan-, veld- en padwedlope,” sê Ewald jr.

“Op 32-jarige ouderdom hardloop hy een van die vinnigste debuutmarathons nog in die wêreld – 2:12:08 tydens geweldige stormagtige reën en windtoestande, terwyl die wêreldrekord in daardie stadium op 2:09:07 gestaan het.

“Dít maak hom een van die veelsydigste langafstandatlete wat SA nóg opgelewer het, asook een van die vyf mees veelsydigste atlete in wêreldgeskiedenis.”

Sy pa is in 1982 vereer met die gesogte Reggie Walker-medalje, die hoogste toekenning van die destydse atletiekunie vir sy jarelange prestasie op die atletiekbaan en as afrigter.

Ewald sr. is in 2007 gediagnoseer met miëloom, ’n soort beenmurgkanker, en moes twee beenmurgoorplantings ondergaan. Ten tyde van sy sterfte was hy reeds 42 jaar aan die departement van gesondheid verbonde.

Ewald sr. laat sy vrou, René, en seun agter.

’n Lofdiens is die afgelope Saterdag uit die NG kerk Parow gehou, waar René die orrelis is.

’n Paar voormalige Springbokke, insluitend Danie Malan en Bernard Rose, het ook dié diens bygewoon.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.