Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bekroonde fluitspeler tree as gaskunstenaar by konsert op

Drie jaar ná hy die goue medalje en eerste prys van die nasionale jeugmusiekkompetisie (NJMK) in 2015 verower het, keer die talentvolle fluitspeler Sakhile Humbane (22) terug na dié gerekende kompetisie om as die gaskunstenaar by die Finaliste-galakonsert op te tree.

Humbane sluit 2018 se NJMK af met die Hongaarse pastorale fantasie van A.F. Doppler saam met die Kaapstadse filharmoniese orkes (KFO).

“Ek is opgewonde om na die NJMK terug te keer. Dit is ’n platform wat my ontsettend baie geleer het,” sê hy.

Die NJMK se Finaliste-galakonsert is die hoogtepunt van ’n week lange uitmergelende kompetisie waar die 19 gekeurde mededingers vanoor Suid-Afrika ’n omvattende repertoire werke voor ’n beoordelingspaneel speel. Die paneel van nege lede bestaan uit klassiekemusiek-akademici en kundiges. Die voorste ses deelnemers spook sake uit by die galakonsert waar hulle saam met KFO optree.Die kompetisie, met pryse van meer as R145 000, bied aan Suid-Afrikaanse ontluikende sterre die geleentheid om hul vaardighede vir die professionele verhoog te slyp. “Nadat ek die NJMK gewen het, het ek talle opvoergeleenthede gekry wat aan my professionele blootstelling gegee het, asook die kans om my fluitspel meer professioneel te beoefen,” sê Sakhile.

Die Finaliste-galakonsert op Saterdag 13 Oktober begin om 19:00.

Kaartjies word teen R120 en R90 vir pensioentrekkers, studente en leerders verkoop.

Bespreek kaartjies vir die geleentheid by Computicket, Shoprite en Checkers of aanlyn by www.computicket.com.

Toegang is gratis by die eerste drie rondes van 9 tot 11 Oktober in die Hugo Lambrechts-ouditorium.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.