Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Blink sterre tree op by gratis Suidoosterfees-konsert

Drie van die Kaap se blinkste jong sterre snoer vanjaar kragte saam in Kaapse draai, ’n gratis konsert wat as deel van die amptelike Suidoosterfees-program aangebied word.

Feesgangers kan uitsien na twee ure van topvermaak met die sangers Leagan Phillips-Laws en Jean Carlo, én die geliefde Namakwalandse woordkunstenaar, Danneline Ramsden.

Die TV-persoonlikheid Ivor Price is die gasheer en regisseur.

Hy sê: “Dink aan twee ure van vroegoggendvermaak vir die hele gesin. Leagan en Jean se stemme sal jou na jou asem laat snak, en beslis ook jou voete laat jeuk. En dan is daar Danneline se stories in die tradisie van wyle Tolla van der Merwe, wat jou uit jou maag uit sal laat lag. Kaapse draai is dít alles, en soveel meer.”

Phillips-Laws, ’n akteur en sanger van Cravenby, het verlede jaar die koppe laat draai met sy veelbesproke eenmanstuk, Sketches of Exes, by die Galloway-teater. Hy was ook vroeër te sien in die musiekblyspel Rent.

Jean Carlo, wat in Namibië grootgeword het, se liedjies is baie gewild op die radiostasies Heart en KFM.

Hy is in Suid-Afrika gebore, maar het in Namibië grootgeword en het daar musiek gestudeer.

Ramsden van Komaggas in die Noord-Kaap se storievertelproduksie Xhoulag is landwyd in aanvraag nadat dit verlede jaar by die Drostdy-teater uitverkoop het.

Sy het ook intussen mense laat skater by die Woordfees en op die gewilde kykNET-program Oppiestoep.

Kaapse Draai is op Sondag 29 April vanaf 10:00 tot 12:00 by die Kunstekaap-teatersentrum te sien.

Toegang is gratis en geen voorafbespreking is nodig nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.