Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Boek bring hulde aan Abe se mentors

Terwyl hy in sy hospitaalbed gelê het nadat hy tydens ’n valskermsprong in Bloemfontein beseer is, het Abraham (Abe) Bengell, voormalige brigade-sersant-majoor (BSM) van 44 Valskerm-brigade in Bloemfontein, besluit om sy loopbaan in die Suid-Afrikaanse Weermag te boek te stel. Hy was ook verbonde aan 1 SAKK-Opleidingseenheid in Faure as instrukteur van verskeie troepe.

“Die titel van die boek Abe ons eerste is ontleen aan die koerantopskrif in Die Burger-Ekstra in April 1987, toe hy as die eerste bruin (regiment-sersant-majoor (RSM) in die rooi gebied aangestel is by 55 SAI Bataljon in Namibië. Die berig is deur jou, en ek het gedink dit is ’n gepaste titel, want ek was die eerste in baie opsigte. Boonop het jy my weermagloopbaan saam met my gestap en dis dan ook my manier om dankie te sê vir jou bydrae,” het Bengell

Onder die genooide gaste wat die bekendstelling bygewoon het, was sy voormalige bevelvoerder, kol. Leon Martins, Leër-sersant-majoor Edward Sykes (AO1), wat sy kompanie-sersant-majoor was as die vegtende magte/infanterie in die destydse Suidwes-Afrika, en brig, genl. Graham Jacobs, bevelvoerder van SAKK Skool, en vriende.

Vriende en familie het vanaf Bloemfontein na die Kaap gekom om die geleentheid by te woon.

In die boek gee hy ’n breedvoerige beskrywing van al sy prestasies, persoonlike ervarings en toekennings wat hy in sy loopbaan van 27 jaar en ses maande beleef het.

“Benewens my oorlede ma, Poppie, my vrou, Karen, my kinders en susters en broers, was daar vyf persone wat sentraal staan in my lewe en loopbaan as ’n soldaat. Hulle is JP Taylor, my korp. en Dennis Johannes, sy instrukteur op die instrukteurskursus, Jan (Essy) Estruis, sokkerafrigter en hoof van die militêre polisie, en wyle Henry Maasdorp.

“Taylor het my geleer dat jy moet luister na ander voordat jy ingeligte besluite maak en hy het my leierskapsvaardighede ontwikkel. Sykes het my ondersteun om as 55 SAI Bn se RSM in Namibië al was dit sonder betaling te werk. Jacobs was ’n voorbeeld as offisier, as heer en Maasdorp het hy altyd daaraan herinner dat in alles wat ek doen, nooit die Here te vergeet nie,” sê Bengell.

As hy nou terugkyk op sy lewe en loopbaan besef hy dat die Here hom altyd gedra het, selfs toe hy as ouderling Sy werk as bedlêende in die gemeenskap van Heidedal in Bloemfontein verrig het.

“Ds. Collin Goeiman, die predikant van die Verenigde Gereformeerde kerk in Heidedal, het my nie in sak en as laat sit nadat ek die besering opgedoen het nie. Hy het van sy senior ouderlinge gevra om my op ’n matras huisbesoeke in die gemeenskap te gaan doen. Dis dan ook tydens die huisbesoeke dat ek nog nader aan God beweeg het en Hom eerste in my en gesinslewe gestel het.

“Tydens my stasionering in Namibië het ek goeie vriendskapsbande opgebou met lede van Untag, die internasionale vredesmag wat destyds daar ontplooi is, en ook goed saamgewerk met ander bevelvoerders by die verskillende eenhede in Namibië. Hieroor word breedvoerig in die boek uitgewy en ook watter invloed elkeen van hulle op my loopbaan gehad het,” sê hy.

Bengell is gebore in Springfontein en hy begin die boek deur te vertel van sy rol as leier in sy ouerhuis nadat sy pa gesterf het en hy as pa ingestaan het.

“Ek het my ma belowe dat ek nie sal drink nie en dat ek alles in my vermoë sal doen om haar en my ander familielede te onderhou. Voor haar afsterwe het sy my bedank vir die rol wat ek in haar en die familie se lewe gespeel het,” vertel hy.

Die boek sal wonderlike herinneringe oproep van almal wat saam of onder hom soldate was.

“Die besering van lt. Sandy van der Sandt tydens ’n landmynontploffing in Namibië het my laat besef waarvoor ek my as soldaat ingelaat het. Elke ervaring, goed of sleg, tydens die Grensoorlog vanaf die sewentigerjare het my die persoon gemaak wat ek vandag is. Sonder die Here en die gebede van my ma, makkers, vriende en familie, sou ek nie in staat gewees het, om my lewensverhaal te boek te stel nie. Ek hoop almal wat dit lees, sal nie net genot daaruit put nie, maar ook my lewensreis tot op hede beleef,” sê hy.

Sy offisiere, onder-offisiere en troepe is landwyd versprei en hy het sy dank teenoor elkeen se bydrae tydens die bekendstelling uitgespreek.

Rig navrae aan Abe by 073 151 1479.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.