Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bou van pad sloer

Hoe lank vat dit nou regtig om ’n kort stukkie pad klaar te bou?

Dit is die vraag wat inwoners van Blackheath vra ná dit glo nou al drie jaar sloer om ’n klein stukkie pad te voltooi.

Westley Lewis, ’n inwoner van Jamesstraat, sê hy is verstom dat die stukkie pad nog nie eens voltooiing nader nie, aangesien daar drie jaar gelede daaraan begin werk is.

“Frederickstraat loop langs die treinspoor af in die rigting van die Buttskop-treinoorgang. Ons verstaan dat hulle die pad wou aanpas om verkeersverligting te bring, maar hoe lank kan dit nou neem?” vra Lewis.

Volgens hom is dit so erg dat daar in Jamesstraat meer as 260 voertuie per uur ry.

“Die pad is nie gebou om soveel verkeer te dra nie en die taxi’s maak net soos hulle wil. Mense moet seker eers sterf voor die pad voltooi gaan word,” sê Lewis.

Roelof Mare, raadslid vir die gebied, sê die oponthoud lê nie by die Stad Kaapstad nie.

“Ek word elke dag oorval met oproepe uit die gemeenskap om te kla oor die verlegging van die pad. Dit is waar dat die Stad die proses begin het om verkeersverligting te bring, maar ons het ’n kontrakteur aangestel om die werk te doen. Om die res van die pad te voltooi, moet ’n elektriese paal verwyder word en net Eskom kan dit doen. Reeds in 2018 het die kontrakteur Eskom betaal om die paal te verwyder, maar niks het gebeur nie. Later het ons uitgevind dat daar ondergrondse kragdrade is wat ook verwyder moes word en Eskom het vir nog geld gevra. Die kontrakteur het betaal, maar steeds is die paal nie verwyder nie. Volgens die kontrakteur sal dit hulle vier dae neem nadat die paal verwyder is om die pad te voltooi,” sê Mare.

Volgens Mare is die Stad besig om ’n regsmening in te win of hulle nie self die paal kan verwyder nie.

“Ons verstaan die frustrasie van die gemeenskap en wil alles in ons vermoë doen om hierdie probleem op te los. Eskom stuur ons van bakboord na stuurboord en intussen frustreer dit die gemeenskap,” sê Mare.

TygerBurger het Eskom om kommentaar genader en teen druktyd was hulle nog besig om hul antwoord te formuleer. Hul kommentaar gaan in opvolgberigte ingesluit word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.