Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Brackenfell hoër- én laerskool is WP-netbalkampioene

Die Laerskool en Hoërskool Brackenfell se eerste netbalspanne is as Westelike Provinsie se Top Schools-netbalkampioene vir 2019 gekroon.

Dié twee spanne het die eindstryde van die WP-kampioenskap vir laer- en hoërskole gewen. Die o.13-span van die Laerskool Brackenfell het verlede Saterdag 2 Junie ook die Wes-Kaap-kampioenskap gewen en sal saam met die skool se o.12-span aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskap deelneem.

Dié kampioenskap word aan die einde van Julie in Boksburg gehou. Brackies se o.12-span het die silwermedalje by die WP Top Schools-finale verower om te kwalifiseer.

Die netbalspanne van die Laerskool Brackenfell maak vanjaar geskiedenis op die netbalbaan. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat die skool ’n span het wat aan die SA kampioenskap gaan deelneem. Verlede jaar kon die o.13A-span dit regkry.

Laasgenoemde span maak vanjaar sy tweede agtereenvolgende verskyning by Top Schools se nasionale kampioenskap, waar hy verlede jaar sesde geëindig het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.