Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Brand glo oor koronavirus
(Pixabay)

’n Brand by ’n winkel wat deur Chinese burgers in Delft besit word, is waarskynlik gestig uit vrees vir die koronavirus.

Die brand het by die skeepsvraghouer-winkel in Leiden ontstaan en gerugte wil dit hê dat die brandstigters gevoel het die winkeleienaars het die virus, wat sy ontstaan in China het, na hul gemeenskap gebring.

Kapt. John Bartlett, woordvoerder van die polisie in Delft, sê hulle hoor stories dat die brand gestig is omdat inwoners die Chinese as virusdraers beskou, maar dit kan nog nie bevestig word nie.

Charles George, ’n plaaslike geestelike en gemeenskapsleier, sê as dit waar is dat die winkel weens koronavrese aan die brand gesteek is, is dit baie teleurstellend.

“Ons kan nie net aanneem dat mense, van watter nasionaliteit ook al, die virus onder lede het nie,” sê George.

Michelle Adonis, ’n plaaslike raadslid, sê die brand is niks anders as misdadige gedrag nie.

“Hierdie Chinese burgers is al baie lank in die land en het nie onlangs uit die buiteland gekom nie. Ek dink nie dit het enigiets met die virus te doen nie, maar dit is misdadigers wat dit nou as ’n rookskerm gebruik.

“Die wêreld sukkel met een van die grootste pandemies ooit en mense gebruik dit om misdaad te pleeg,” sê Adonis.

Volgens hom maak die stroop van die winkel die misdaad nog erger.

“As die mense kwansuis so bang was vir die koronavirus sou hulle niks uit die winkel verwyder het nie,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.