SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Nuus
‘Bring jou hart’ om te gee

Vier jaar gelede is vier vriendinne só aangeraak deur die behoefte van twee kinders in hul omgewing dat hulle besluit het om op ’n unieke manier geld in te samel.

Hulle het summier ’n “om- geemark” gehou – een wat in een van die vriendinne se huis plaasgevind het, met ’n toegangsfooi ten bate van liefdadigheid.

Dit was die ontstaan van die Bring jou hart-omgeemark, wat verlede Vrydag en Saterdag plaasgevind het.

Die vier vriendinne – Chrisna Smit, Ilze Nel, Whanita Ströhfeldt en Mariette Lange – is steeds aan stuur van sake.

Die mark is vanjaar oudergewoonte by Ströhfeldt se reusehuis in Welgemoed gehou. Altesaam 32 uitstallers het hul produkte verkoop, wat die meeste nóg was.

Die toegangsfooi was vanjaar R150 per persoon, met ’n gratis stuk koek en koppie koffie wat by die prys ingesluit is.

Ströhfeldt lyk glad nie gepla deur die feit dat honderde mense daagliks hul inkopies by haar huis gedoen het nie.

“Ag, ek dink net eendag gaan die Here vra wat ek alles gedoen het met wat ek het,” verskaf sy die rede waarom sy dit daar hou.

Die groep vriendinne wil ook nie juis die mark groter maak nie.

“Dit is nou lekker klein en intiem,” vertel Nel.

“Ons sal iets verloor as dit groter word.”

Vanjaar het 228 mense vooraf hul kaartjies vir die mark gekoop, met baie ander wat op die dag eers kom inloer en die toegangsfooi betaal het.

Die vroue het die mark meestal deur sosiale media bemark en deur ander mense daarvan te vertel.

Van die uitstallers is vereis om minstens vyf kaartjies te verkoop.

Die begunstigdes was Creative Hope, ’n organisasie wat bejaardes gratis help om kreatief te wees en sodoende terapie verskaf, asook Hagar’s Choice, ’n plek van veiligheid vir babas en klein kinders.

Verlede jaar het hulle sowat R30 000 geskenk aan King Culture en ook R14 000 aan die Wynandt Vermaak-trust.

Ströhfeldt sê hulle het nog nie iemand gehad wat kla oor die toegangsfooi nie. “Almal dra by tot liefdadigheid. Elke ou is bereid om ’n opoffering te maak.”

Die vier vriendinne het mekaar deur hul kinders ontmoet en gou was hulle byna onafskeidbaar.

“Jy weet mos mense se siele vind mekaar,” verduidelik Ströhfeldt.

Almal het ’n rol in hierdie kring. Een is dalk beter met organiseer, waar ’n ander beter is om met mense te werk.

Hulle het veral een gemeenskaplike passie – om aan die gemeenskap terug te gee.

Die vriendinne het juis verlede jaar saam met ’n klomp van hul kinders en dié se vriende bymekaargekom om hul hare te laat sny of te kleur vir kankerbewustheid.

Dit is hul vriendskap wat so ’n mark laat werk, vertel Nel.

“Een ou kan dit nie alleen doen nie. Jy moet ’n netwerk hê.”

Kontak Ströhfeldt by 082 920 9335 om betrokke te raak by enige van hul komende projekte.

Vertel TygerBurger wat jy van hierdie berig dink by briewe@tygerburger.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.