Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Buite Ekspo skud vere reg

Die 19de kykNET Buite Ekspo vind vanjaar op die plaas Môreson langs die N7, net 10 km buite Malmesbury, gedurende die naweek van 14 tot 16 Februarie plaas.

Verlede jaar het dié gewilde geleentheid meer as 20 000 besoekers gelok, wat dit die grootste ekspo van sy soort in die Wes-Kaap maak.

Die ekspo is hoofsaaklik gemik op buitelewe- en relevante uitstallings en beloof om die nuutste in hierdie veld aan besoekers te bied.

Uitstallers bly dan ook die hele naweek op hul uitstalterreine en rig hulself so in dat die publiek eerstehands kan ervaar hoe die produkte funksioneer.

Alle uitstalterreine het toegang tot krag, water en badkamergeriewe.

Tesame met die uitstallings word ook lekker pretaktiwiteite vir die hele gesin aangebied. André de Villiers van Safari 4x4 Roetes bied gratis Amarok 4x4-hindernisritte aan. Dan is daar veldmotorfiets- en vierwielfietsvertonings en -ritte, asook helikopterritte.

Maak ook seker om nie die kykNET Buite Ekspo se verjaarsdagjol – aangebied deur Jimmy’s Steakhouse Sauces met kykNET-sepiesterre – mis te loop nie.

Daar word gedurende die naweek verskeie interessante kompetisies en aktiwiteite aangebied – onder meer ’n kunsmark en splinternuwe Swartland-Wyntuin, wat wyn en eetgoed sal verkoop.

Daar is vanjaar selfs meer gekeurde kosverskaffers om aan almal se smaak te voldoen. Daar is ook ’n Castle Light-kroeg en -biertuin en ’n baie gewilde “slush”-tuin om almal se dors te les.

Die kykNET Buite Ekspo is nie ’n musiekfees nie, maar daar kan uitgesien word na optredes deur ’n paar uitstekende kunstenaars – onder andere Amore, Nadia Louw, Desmond Wells, Pieter Smith, Joe F, Cheree, Wicus van der Merwe, Megan Danner, Wynand Windpomp, Sam en Calla en Melo3, Suid-Afrika se splinternuwe “girl band”.

Bring gerus die kinders saam – daar sal meer as genoeg wees vir hulle om in die pretpark te doen. Maak ook seker om nie Sondag die Lollos-vertoning mis te loop nie.

Die naweekkampering raak nou vinnig vol en kan nog per e-pos bespreek word by moresonmalmesbury@gmail.com of vir toegeruste tentkampering by admin@you2camp.com.

Kontak Marius by marius@ekspo.co.za of 082 570 5758 vir bemarkingsborgskappe of Tersia by accounts@ekspo.co.za of 071 659 9915 vir uitstallersnavrae. Besoek www.ekspo.co.za vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.