Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Byna 7 dekades getroud danksy ‘internet dating’

Byna sewe dekades gelede het ’n gemeenskaplike vriendin vir Jack Feinauer gesê van ’n oulike meisie wat hy moet kontak.

Hy’t die kans gewaag en vir Lizzie Rabie gebel. Kort voor lank het die oproepe al meer gereeld plaasgevind en hulle is die volgende jaar getroud.

“Dit was die internet dating van daai tyd,” sê hul dogter, Ilse Feinauer.

Jack (93) en Lizzie (86) het verlede Donderdag hul 65ste huweliksherdenking in Bellville gevier.

Die twee onthou nog goed hul lentetroue in 1955 in Worcester. Sy het net een strooimeisie gehad en die dominee se van was Cronje.

Jack lag as hy terugdink. Hy onthou nog hoe het Lizzie se pa vooraf geterg en gesê Jack moet mooi voor sy dogter buig, anders sou hy hom iets aandoen.

Nou, ná jare se grappies en tonne herinneringe, sê dié twee die wenresep vir ’n goeie huwelik is om vas te byt.

“Jy’t jou lekker dae en jou slegte dae,” vertel Lizzie. “Ons het meer goeie dae as slegte dae gehad.”

Die egpaar het albei vir die poskantoor gewerk en ’n hoogtepunt in hul verhouding was om ná hul aftrede deur Suid-Afrika te toer.

Hulle het ook dikwels soggens gaan stap, wat hul band versterk het. “Ons het op al die paaie hier rond gestap – elke oggend om sesuur. En ons het vinnig gestap,” sê Lizzie.

Die egpaar se aftrede in Bellville is heel gepas – nie net het hulle dekades lank in Oakdale gebly nie, maar Jack se familie is die oorspronklike Feinauers wat die plaas besit het waarop groot dele van Chrismar nou geleë is. Daar is steeds ’n Feinauerstraat in die omgewing.

Hulle het vroeër vanjaar na die Immanuel Versorgingshuis in Bellair getrek en dit is ook waar ’n klein groepie familielede en versorgers bymekaar gekom het om die paartjie se liefde te vier.

Lizzie vertel sy het sommer vroeg die oggend al vir Jack “’n groot soen” gegee.

Buiten Ilse het die egpaar ’n seun, Tommie.

By die klein viering was daar ook vier vroue met die doopnaam “Anna Elisabeth” – Lizzie self, Ilse en twee niggies, Lizann Elema en Anel de Wet.

Almal is oudste dogters, wat na die oorspronklike Anna Elisabeth Rabie vernoem is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.