Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bystand glo onvoldoende toe man val

’n Bejaarde man is steeds in die hospitaal nadat hy byna 12 dae gelede by die Ster Kinekor in die Tygervalleisentrum geval het.

Volgens Laretha Blom, bemarkingsbestuurder by die sentrum, het die man gegly terwyl hy by die trappe opgeloop het en het onder meer ’n kopbesering opgedoen.

Leoné Vermeulen, ’n sentrumganger wat op die toneel was, sê sy het omstreeks 16:00 op Saterdag 1 September gesien hoe die man daar lê. Daar was glo verskriklik baie bloed. “Ek het nie geweet wat gebeur het nie,” vertel sy. Sy en ander fliekgangers het ingespring en probeer help.

Vermeulen voel egter Tygervallei-sentrum en Ster Kinekor het nie naastenby die nodige bystand gelewer nie. ’n Ander fliekganger het die ambulans gebel en Vermeulen glo die beseerde man het minstens 40 minute lank daar gelê.

“Ek is baie bly dat fliekgangers die situasie hanteer het, maar ek voel Tygervallei moes ’n beter noodplan gehad het. Hoekom was daar nie iemand met mediese agtergrond in die sentrum of op roep om te help totdat die ambulans kom nie?”

’n Ster Kinekor-woordvoerder het by navraag gesê die tydsverloop is onakkuraat en dat die ambulans binne 20 minute op die toneel was. Sy het ook gesê personeel het dadelik die noodknoppie gedruk om hulp te ontbied.

Volgens Blom ontvang al Tygervallei se personeel noodhulpopleiding en het hulle noodhulptoerusting vir minder ernstige voorvalle. “Die voorval was baie ernstig en moes kundige sorg kry. Die man is op die toneel gestabiliseer voor hy per ambulans na die Mediclinic Durbanville geneem is.”

Vertel TygerBurger wat jy van hierdie berig dink by briewe@tygerburger.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.