Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Chaos by Sassa

Die polisie het Vrydagoggend ’n waterkanon gebruik om skarebeheer toe te pas nadat honderde mense by Sassa se kantore in Bellville saamgedrom het om hul toelaes te kry.

“Staan ’n meter uitmekaar uit,” het polisiebeamptes herhaaldelik geskree terwyl mense, meestal oud of gestremd, die water van hulself afgevee het.

Polisiebeamptes by die agentskap het vroeër aan die skare gesê die kantore kan net 110 mense op die betrokke dag help en sou voorkeur aan diegene in rolstoele gee.

Dit het gelei tot ’n stormloop soos mense probeer het om nader te staan vir hul toelaes.

Dit is hierna dat die polisie ingespring het.

Sowat 200 000 mense landswyd moet heraansoek doen vir hul tydelike gestremdheidstoelae nadat die grendeltydperk in Desember verleng is en die toelaag gestop is.

Die aantal mense buite die kantore in Bellville het vervierdubbel nadat TygerBurger die kantoor Donderdag besoek het.

Die toename is glo weens ander kantore wat toegemaak het en begunstigdes Bellville toe gestuur het.

Hordes mense het hierna na Bellville gestroom waar hulle in die gietende reën saamgedrom het. Baie van die mense in die toue by beide Bellville en ander kantore het al dae lank tougestaan.

Diegene by Bellville het dadelik woedend geraak vir die nuwelinge.

Leanne Davids, wat self vir drie dae by die kantore uitgekamp het, het gesê die polisie skend hul waardigheid.

“Hoekom kan die regering nie ’n beter plan maak met toelaes nie?” het sy gevra

. “Dink hulle dis vir ons lekker om in hierdie toue te staan?”

Davids, ’n verpleegster, moes ophou werk omdat sy aan verskeie siektes ly.

Donderdag het verskeie mense aan TygerBurger gesê hulle het so vroeg as 04:00 al by die kantoor tougestaan.

“Natuurlik is ons bang vir die virus,” het een gesê. “Maar watter keuse het ons?”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.