Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
De Tyger gee mildelik vir hul ‘oom Anton’

Laerskool De Tyger het Vrydag ’n spesiale civviesdag gehou vir Anton van der Westhuizen (of “oom Anton” soos hy by die skool bekend staan) wie se huis in Ridgeworth op 9 Mei in Bellville afgebrand het.

Op die dag kon leerders ’n skenking van R5 of meer maak en die ingesamelde geld is aan hom oorhandig.

“Die skool wou baie graag help en daarom het die Laerskool De Tyger-familie (leerders, ouers en personeel) die projek in hart en siel ondersteun,” sê Wiehan Smit, skoolhoof.

Smit sê behalwe dat oom Anton 12 jaar ’n onderwyser was, is hy ook ’n bekende in die Landsdienskringe en is in daardie hoedanigheid nog by die skool betrokke.

Volgens Smit is hy uiters geliefd onder personeellede en leerders en is jaarliks by die opleiding van die leerderraad betrokke. Hy sê die skool het vier keer meer geld ingesamel as wat verwag is. “Ek is baie trots op ons skool en gemeenskap wat so kan saamstaan,” sê Smit.

“Deur te gee is een van die kernwaardes van ons skool en elke Tiertjie het dit net weer bewys,” het Smit bygevoeg.

Vertel TygerBurger wat jy van hierdie berig dink by briewe@tygerburger.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.