Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dief met toep gevang

’nVermeende dief het hom blitsig teen die gereg vasgeloop danksy ’n Tracker-toep wat pa en seun direk na hom gelei het.

Danté Kuter (19), ’n oud-Durbie, het verlede Vrydagoggend omstreeks 05:30 wakker geskrik van ’n geluid van die blinding in sy kamer by hul huis in Kapokbergsingel in The Crest, Durbanville.

Hy het opgespring en gesien sy kamervenster is oop en reg in die inbreker se gesig vasgekyk. Hy het onmiddellik gehardloop en sy pa, Terence, gaan roep. Kuter sr. het die sekerheidsfirma laat weet.

Hulle het besef Danté se selfoon, wat langs hom op sy bed gelê het en ’n paar ander goed in sy kamer, was weg – onder meer ’n Nike-rugsak, selfoonlaaier, JBL-luidspreker, flitsligte, skoene, jagmes, identiteitsdokument, sigarette en ’n aansteker.

Hulle het gesien die dief het sy skoene en sandale met sy ou sak net daar gelos.

Kuter sr. het onmiddellik die iPhone se Tracker aangeskakel en hulle het gesien die dief is al ’n halwe kilometer weg van hul huis. “Ek en my pa het besluit om die Tracker te volg en het ook intussen Halt-sekuriteit laat weet waar ons is. Ons het ’n man kaalvoet sien loop in Wellingtonweg met presies die Nike-rugsak wat vermis is en dadelik aangeneem dit is die inbreker.

“Ons het toe gewag tot Halt kom en toe die iPhone Tracker se ‘playsound’ aangesit en die foon in die rugsak hoor lui,” het Danté gesê.

Halt-sekuriteit het die verdagte aangekeer en hom tydelik geboei. Die polisie is gekontak en die verdagte is deur die polisie deursoek. Al die gesteelde artikels is uitgeken en die verdagte is in hegtenis geneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.