Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Diewe drink melk in yskas op in inbraak

’n Bejaarde man het vas geslaap terwyl drie inbrekers alles op sy bedkassie gesteel en boonop die melk in sy yskas opgedrink het.

Die inbraak het Sondag omstreeks 02:00 by die huis in Kruinstraat, Brackenfell plaasgevind.

Die inbrekers het glo by ’n skuifdeur ingekom.

“Hulle het weggekom en die omie het gelukkig nie wakker geword of seergekry nie.

Die polisie was op en af in die straat op soek na die drie manne.

Net hul stink kombers het agtergebly in die jaard,” het ’n nabye inwoner die volgende dag op sosiale media gemeld.

Die Brackenfell-polisie het die insident bevestig. Die polisie het die gebied gefynkam, maar kon nie die verdagtes opspoor nie, volgens kapt.

Erica Crous, woordvoerder van die Brackenfell-polisie.

“Die klaer het aangedui dat hy later die dag ’n saak sou open, maar het tot op hede nog nie,” sê Crous.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.