SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Nuus
Dis nou vir S’ville-man

As jy jou kans laat verbygaan, moet jy maar weer agter in die ry gaan staan.

Dit is die harde les wat ’n man van Scottsville geleer het ná hy sy geleentheid om in ’n regeringshuis in te trek, van die hand gewys het.

Leon Phillips is sedert 2001 op ’n behuisingswaglys en moes volgens hom reeds in 2016 by sy nuwe huis ingetrek het.

“Ek het dokumente en alles ontvang dat my huis reg is en ek moet intrek, maar tot op hede kon ek nie. Volgens die inligting wat ek het, het ander mense onwettig by die huis ingetrek en ek moet wag tot hulle uit is. Ek is al 52 en kan nie meer wag om my eie dak oor my kop te kry nie,” sê Phillips, wat nie ’n permanente betrekking het nie.

Brenda Hansen, raadslid vir Scottsville, sê dit is weens Phillips se eie toedoen dat hy nog nie ’n huis het nie. “Soos ek die situasie verstaan, het Phillips reeds ’n huis ontvang, maar dit was glo nie waar hy gehoop het dit sou wees nie. Hy was glo nie tevrede met die ligging van sy huis nie en het geweier om in te trek. Iemand anders het van die geleentheid gebruik gemaak en in die huis ingetrek en Phillips is nou weer agter in die ry. Dit is regeringshuise en mense kan nie kies waar hulle wil bly nie, dus het hy sy kans verbeur en moet wag tot dit weer sy beurt is. Op die oomblik is daar nie huise in Scottsville beskikbaar nie,” sê Hansen.

Volgens Hansen is Phillips ook nie van die mense wat die langste op die waglys is nie. “Hy is maar sedert 2001 op die lys terwyl ander al langer as 20 jaar op is.”

Phillips het soos volg op Hansen se kommentaar gereageer: “Sy lieg.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.