Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dood van gemeenskapsman betreur
kers,lig,eskom,elektrisiteit

Die gemeenskap van Tuscany Glen is in rou gedompel ná die sterfte van die ondervoorsitter van die buurtwag, Ivan Jenneke.

Jenneke, wat ook ’n geestelike leier was, het in die rusbank by sy huis aan ’n hartaanval gesterf.

In ’n verklaring wat deur sy familie aan TygerBurger gestuur is, beskryf hulle hom as ’n liefdevolle, nederige man. “Hy was vir baie mense ’n vaderfiguur en ’n gebedsoldaat, wat met wysheid geseën was. ’n Rots, ’n probleemoplosser en bowenal ’n man van God, wat altyd ander mense eerste gestel het. Ons as familie sal hom mis,” lui die verklaring.

Op Facebook het medelye vir Jenneke ingestroom. “Oom Ivan, ek gaan al die lewenslesse mis wat jy my sedert hoërskool geleer het. Jy was altyd so ’n nederige man en ’n rolmodel vir baie,” skryf Ashley Pienaar.? Nog ’n vrou het hom bedank omdat hy jare gelede vir haar en haar ma herberg gegee het toe hulle nêrens gehad het om heen te gaan nie.

Neil Thys, voorsitter van die buurtwag, sê medelye het van heinde en ver ingestroom nadat Jenneke op 13 Januarie gesterf het. “Ons het boodskappe van so ver as Sir Lowry’spas, Simonstad, Houtbaai, Melkbosstrand en Atlantis ontvang. Ek het saam met Jenneke in die buurtwag en belastingbetalersvereniging gedien en dit is voorwaar ’n groot verlies vir die gemeenskap. Hy was onder meer die kapelaan vir die brandweerstasie in Belhar, gemeenskapsraadgewer en ’n man vir sy familie,” sê Thys.

Volgens Thys was een van die uitstaande kenmerke van Jenneke dat niks in sy pad gestaan het om iets vir die gemeenskap te doen nie. “Toe ons buurtwag opleiding moes kry van die Stad Kaapstad, is die werksessies sommer in sy motorhuis aangebied,” sê Thys.

Sharlaine Oersen, plaaslike raadslid, sê sy sal nooit vergeet watter liefde Jenneke vir sy gemeenskap gehad het nie.

“Dit is met groot hartseer dat ons van sy heengaan verneem. Hy was altyd gewillig om te help,” sê Oersen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.