Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Drie van DF Malan onder top 10 redenaars

Drie leerders van die Hoërskool D.F. Malan het vanjaar uitstekend gevaar in die ATKV se debat- en redenaarskompetisie, wat by die Hoërskool Bellville gehou is.

Hulle is Neal Malan, Petrus du Preez en Ila Alberts.

Uit die sowat 80 sprekers wat aan die onvoorbereide redenaarskompetisie in die Wes-Kaap deelgeneem het, het dié drie onder die top 10 geëindig. Malan is as die algehele topspreker aangewys en Du Preez het die tweede plek behaal. Alberts het sewende geëindig.

Die topdrie dring deur tot die landswye eindronde, wat op Vrydag 2 Augustus by die ATKV Goudini Spa plaasvind.

By die debatskompetisie by die Hoërskool Stellenbosch is Alberts en Malan as een van die top 3-spanne uit 66 spanne aangewys. Hul span kwalifiseer ook om aan die landswye eindronde by die ATKV Goudini Spa deel te neem en is een van die top14-spanne wat uit die sowat 300 spanne nasionaal gaan deelneem.

Dit is prestige-kompetisies wat kritiese denke, navorsing en bronverwysing, sowel as uitstekende taalvermoëns, vereis.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.