Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Duikweg onder die loep

’n Pendelaar wat daagliks van die duikweg by die Parow-treinstasie gebruik maak, beweer dis onveilig vir mense om daar te stap.

Volgens Francois du Preez, ’n treinpendelaar, is dit ook onhigiënies.

“Die duikweg is maande laas skoongemaak,” sê Du Preez.

Volgens hom is daar ook geen ligte in die duikweg nie.

Hy sê die duikweg word deur beide leerders en studente gebruik en dat pendelaars menigmaal van hul persoonlike besittings beroof word.

“Die vullis-probleem het ek vier weke gelede met Felicity Purchase, burgemeesterskomiteelid, bespreek. Die skoonmaker vee dit net op hope wanneer hy daar werk,” sê Du Preez.

Du Preez sê hy het al voorheen by die Passierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) sowel as die Stad Kaapstad daaroor gekla.

“Prasa sê dis die munisipaliteit se probleem, en die munisipaliteit sê dis Prasa se probleem.

“Ek het groot rotte gesien wat daar rondhang; die stank is ondraaglik; papiere lê op hope; dis ’n gesondheidsprobleem,” sê hy.

Du Preez sê hy het ook al die gesondheidsinspekteurs daar gehad, maar sê niks word omtrent die kwessie gedoen nie.

TygerBurger het by die Stad daaroor navraag gedoen, maar is deur Xanthea Limberg, burgemeesterskomiteelid vir water en afval, meegedeel dat die opruiming van die duikweg die verantwoordelikheid is van Metrorail.

Riana Scott, Metrorail se woordvoerder, het egter gesê dat die duikweg sedert die opening van die voetbrug-oorgang nie meer in gebruik is nie.

“Pendelaars word aangeraai om die voetbrug as oorgang te gebruik om toegang na die Parow-treinstasie te kry,” sê Scott.

Scott meen toegang tot die duikweg, van een straat na die ander, word nog deur die Stad benodig en daarom is dit in die Stad se belang om dit in stand te hou en gereeld skoon te maak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.