Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Durbie-leerders se kuns pryk in museum

Teen die mure van Kaapstad se nuwe Zeitz MOOCA-kunsmuseum is waar die kunswerke van twee leerders van die Laerskool Durbanville later vanjaar gaan pryk.

Connor Stander (gr. 4) en Danielle Loubser (gr. 6) is onder ’n klein groepie leerders wie se kunswerke later vanjaar in dié spogmuseum uitgestal gaan word.

Die groep leerders se werke is gekeur as deel van die Metro-Noord-onderwysdistrik se “Evening with the Arts”-kunsuitstalling.

Die Metro-Noord-onderwysdistrik bied jaarliks ’n kunsuitstalling aan ter viering van die belangrike rol wat kuns in skole speel.

Die kunswerke is vooraf by die Tygerberg-kunssentrum in Bellville beoordeel, waarna die uitblinkers se prestasie met die “Evening with the Arts”-galageleentheid op 19 Julie gevier is. Elke leerder wat deurgedring het na die Zeitz MOOCA-uitstalling is na vore geroep is om ’n trofee, ’n sertifikaat en ’n geskenkpak te ontvang.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.