Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Eerste buitelugmark in Bellville gehou

Die triestige weer wat Kapenaars verlede week beleef het, het nie verhoed dat entrepreneurs van subraad 6 hul markdag op Vrydag 5 Julie in die parkeerterrein van die Bellville-burgersentrum in Voortrekkerweg gehou het nie.

Die markdag was deel van die bekendstelling van klein- en medium-ondernemings om nuwe inkomste te genereer.

“Ons wil probeer om soveel as moontlik entrepreneurs die kans te bied om hul produkte ten toon te stel en te verkoop, sodat hulle hul gesinne kan versorg. Voorheen is die mark binnenshuis gehou, maar ons het gevind dat die mark nie genoeg geld inbring nie, en daarom is dit nou buitemuurs gehou,” het Mercia Kleinsmith, raadslid vir subraad 6, gesê.

“Ons wil die mark ’n permanente instelling maak en wil genoeg geleenthede vir almal skep om ’n inkomste te maak en om die entrepreneurs aan die publiek bekend te stel,” het sy gesê. Volgens Kleinsmith is almal daarvan bewus hoe ’n groot bydrae die informele sakesektor tot die ekonomie van nie net Kaapstad nie, maar ook landwyd, kan lewer. ’n Groter markdag word later in die sentrale sakekern beplan en die besonderhede sal later bekend gemaak word.

“Ons het Vrydag ’n opname gemaak van die sukses van die mark en ook waar ons verbeteringe kan aanbring.

“Hoewel die weer ’n groot rol gespeel het, het van die entrepreneurs nie met leë hande huis toe gegaan nie. Ons kan net verbeter op die eerste buitelugmark,” het Kleinsmith gesê.

Grant Twigg, burgemeesterslid vir stedelike bestuur in die Stad het gesê dat hulle alles sal doen om geleenthede te skep om entrepreneurs te bemagtig, ondersteun en by te staan om hul sakeondernemings te ontwikkel. “Die Stad bly toegewyd daartoe om ekonomiese ontwikkeling in gebiede te bestuur, maar ook om die entrepreneurs die ruimte te gee om in die Stad te floreer,” het Twigg gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.